Mev. Wêreld wil sy wees

2012-08-26 00:06

Lynné de Jager, die huidige mev. Suid-Afrika.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Suid-Afrika sou verlede naweek baie beter in die Mej. Wêreld-kompetisie gevaar het as Melinda Bam, Mej. Suid-Afrika, ’n wyser besluit geneem en daaraan deelgeneem het.

Só meen Mev. Suid-Afrika, Lynné de Jager (28).

De Jager glo ’n skoonheidskoningin moet elke geleentheid gebruik en die beste daarvan maak.

Bam het vroeër vanjaar opslae gemaak deur haar aan dié Mej. Wêreld-kompetisie te onttrek.

Sy het besluit om net op die Mej. Heelal-kompetisie te fokus en haar eerste prinses, Remona Moodley, het in háár plek Mej. Wêreld toe gegaan.

Maar Moodley kon verlede Saterdag nie die top-tien haal in China nie.

De Jager gaan Suid-Afrika eersdaags in die Mev. Wêreld-kompetisie verteenwoordig en Bam gaan later vanjaar aan die Mej. Heelal-kompetisie deelneem.

Die datum en gasheerland vir Mev. Wêreld (dis óf Rusland óf Amerika) word volgende week bekend gemaak wanneer Mev. Amerika gekroon word.

Daar is geen gebrek aan selfvertroue by dié pragtige swartkop nie.

“Ek gáán wen,” het De Jager die afgelope week aan Rapport gesê terwyl sy slaptjips by ’n Sandton-re­staurant eet.

“Ek is nou besig met ’n strawwe eet-en-oefen-program. Ek is in my derde week van ’n program van 12 weke.”

Dis vir haar moeilik om nie haar daaglikse pakkie Smarties en Jelly Tots te kan eet nie. En sy’s lief vir pizza ook.

De Jager is in ’n tydperk van net nege maande deur ’n gewapende rooftog én ’n motorkaping.

Sy en haar man, Wilhelm, het vriende se huis in Pretoria opgepas toe sewe gewapende rowers hulle oorval.

Tydens die motorkaping was sy swanger.

“Ek het by ’n vriendin se pa se huis in Germiston stilgehou en ’n man het ’n pistool teen my kop gedruk. My vriendin het uit die kar gespring en toe skiet hy oor my kop op haar.  Ek het so groot geskrik. Die volgende dag het die dokter vir my gesê ek het die baba verloor. Ek het baie gehuil.”

De Jager het vertel hoe katterig dit agter die skerms van die Mev. Suid-Afrika-kompetisie kan raak.

Een deelnemer het ’n keer aan De Jager gesê: “Jy sal nooit maer word nie; jou beenstruktuur is te groot.”

De Jager het gesê: “Ek het baie kalm gebly en gedink just smile and wave.”

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Rieks Wilson sê... Dieselfde rede wat ek hierbo genoem het, Saamprater. 'n Nasie kry die leiers wat hy verdien. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-28°C Sunny. Warm. PE: 14-22°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.