Micaela: Só lyk sy nou

2013-01-12 23:52

Die tweejarige Micaela destyds toe sy met haar ma ná die nagmerrie herenig is. Foto: Hoffie Hofmeister

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Micaela Hunter, wie se diefstal amper 19 jaar gelede die land aangegryp het, was een van die duisende wat vandeesmaand haar matriekuitslae gevier het.

Sy is op 4 Mei 1994 uit die kraamafdeling van die Marymount-kliniek in Kensington, Johannesburg, gesteel, net 17 uur ná haar geboorte.

Suid-Afrikaners het saamgejuig toe die polisie haar 22 maande later gevind en aan haar oorstelpte ouers, Bruce en Alison Hunter, terugbesorg het.

“Sy het blou-blou ogies, ’n bos ligte krulhare, rosige wangetjies, ’n mondjie soos die gerubs van die Kinderbybel se prente,” het Rapport se Chris Karsten, wat eksklusief met die Hunters gepraat het, haar toe beskryf.

“Jy kan jou oë nie van die pragtige kind afhou nie.”

Die kleine Micaela het toe ook ’n uitsonderlike jong dame geword.

Die pragtige 18-jarige het einde verlede jaar haar matriek aan ’n private kollege in Johannesburg voltooi.

Haar vriende sê sy was hoofmeisie en was altyd daar om almal te help.

Ashton Samuels (18), wat in 2012 ook in matriek by dié skool was, sê sy was altyd vriendelik.

Hy sê hy was nie besonder na aan haar nie en het daarom nie geweet van die nagmerrie nie.

“Sy het ook nooit enige aanduiding gegee dat iets so traumaties met haar gebeur het nie. Sy is ’n baie mooi mens. Micaela het altyd ’n glimlag op haar gesig,” sê Samuels.

Hy sê Micaela was baie gewild.

“Ons was nie in dieselfde klas nie. Ek was in die hoofstroom-afdeling en sy was in die klasse vir leerlinge wat nie hoofstroomvakke soos wiskunde of wetenskap geneem het nie. Dié afdeling se klasse is kleiner en spesialiseer in vakke soos kuns.

“Sy het baie goed in haar vakke gevaar,” sê Samuels.

Candice Berman, nog ’n 2012-matrikulant aan die kollege, en Micaela ken mekaar sedert gr. 8. Berman sê sy het van Micaela se trauma gehoor.

“Micaela het dit nooit self vir my gesê nie, maar het dit aan vriende vertel en dit is hoe ek daarvan gehoor het.

“Vir iemand wat deur soveel hartseer is, was sy altyd daar om hulp aan te bied aan die wat dit nodig gehad het.”

Rapport het met Bruce Hunter, Micaela se pa, gepraat.

Hy wou nie kommentaar lewer nie en het versoek dat sy gesin in vrede gelaat word.

Die Hunters was in die 702 dae wat Micaela weg was erg getraumatiseer.

Alison Hunter het haar selfs laat hipnotiseer om die gebeure die dag van die ontvoering te re-konstrueer.

Micaela se ontvoerder, Sonja Combrinck (toe 25), het haar voorgedoen as ’n werker van die Rooi Kruis.

Sy het Alison gevra of sy haar baba kan gebruik om nuwe ma’s te wys hoe om ’n baba te bad.

Combrinck het toe met Micaela verdwyn.

Combrinck het glo ’n miskraam gehad toe sy nege weke swanger was en toe nege maande lank haar destydse kêrel, Charles McDonald, om die bos gelei dat sy steeds swanger was.

Sy het aan hom gesê sy sou op 4 Mei ’n keisersnee ondergaan.

McDonald het amper twee jaar lank geglo hy is Micaela se biologiese pa.

Combrinck is in 1996 skuldig bevind en tot 12 jaar tronkstraf gevonnis.

Sy is vrygelaat nadat sy agt jaar van haar vonnis uitgedien het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
34 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Hennie Penny sê... Dit sal jammer wees as die twee groepe nie 'n samewerkings ooreenkoms kan maak nie. Alweer wil elkeen op sy eie mishoop staan en kraai, ten koste van alle Suid Afrikaners. Mampela is nuut in die besigheid, sy het dieselfde ideale as die DA, maar nee, sy wil haar eie beuel blaas, ipv staan saam en sit vir die ANC ore aan - is dit nie tog die hoofdoel van alle regdenkendes nie?. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.