Min lof vir Goosen

2012-10-01 06:16

Bryan Habana duik oor vir sy derde drie in die rugbytoets tussen Suid-Afrika en Australië op Loftus Versfeld in Pretoria. Habana het sy drieë gedruk in die 29ste, 61ste en 79ste minute. Foto: Deaan Viviers

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Was dit die nuweling-losskakel Johan Goosen wat gister die broodnodige vonk en rigting verskaf het wat die Springbokke vyf drieë besorg het in sy sege van 31-8 oor Australië?

’n Seëvierende Bok is vir die meeste van ons ’n heerlike gesig, ’n vernederde Wallaby net effens minder so, maar alle oë was in die eerste plek gister op Goosen, die bloedjong Bloemfonteinse losskakel, wat ’n nuwe era moes inlei.

Goosen se trane het gerol tydens die volkslied, maar toe die fluitjie blaas, was hy onmiddellik tuis en die ene selfvertroue.

Dit sal vergesog wees om te beweer die oorwinning was net te danke aan Goosen se insluiting ten koste van die veteraan Morné Steyn, maar sy benadering was heeltemal anders en dit het sy spanmaats beslis aangesteek.

Die Springbok-afrigter Heyneke Meyer het gisteraand egter gesê die Bok-lostrio en die vaste vyf het met hul goeie besit uit eerste fases die ruimte geskep vir die agterspelers om aan te val.

Die Bokke se kaptein, Jean de Villiers, dink ook nie sy span het meer drieë gedruk omdat Goosen minder as Steyn geskop het nie.

“Daar was vanaand meer kanse. As die ruimte agter jou teenstander is, skop jy daarheen met die doel om die bal terug te wen. Maar as hulle dieper lê, moet jy die kans gebruik om met die bal te hardloop, en ek dink ons het dit vanaand net beter gelees en uitgevoer,” meen hy.

Waar gevrees is dat die Bokke hul rugby in ’n strategiese dwangbuis speel, het hulle gister elke situasie op meriete beoordeel.

Trouens, soms het die wenspan effens te vinnig losgetorring, maar wie wil vanoggend daaroor kla as dit weer lekker is om die Bokke te sien speel?

Goosen het die voordeel van goeie diens en ’n puik platform voorlangs gehad, maar dis insiggewend dat hy die bal net vier maal gesool het – ’n steekskoppie, ’n hangskop en twee kantlyn toe, laasgenoemde eers ná ’n uur.

Hy het die voordeellyn met vrug aangeval, sy duikslae gemaak en hope ruimte buitentoe geskep, met net sy twee verbroude stelskoppe wat hom werklik ten laste gelê kan word.

Die gees waarmee die Bokke gespeel het, is pragtig geïllustreer deur Bryan Habana se driekuns.

Die veteraan-vleuel was die keur onder die Springbokke, saam met Adriaan Strauss, Eben Etzebeth en Francois Louw, maar sy eerste drie was ’n skitterende langafstand-spanpoging.

Vir nommer twee het hy en Strauss die Wallabies oorhoops getrek met ’n vinnige lynstaan-ingooi naby die middellyn.

Die kersie op die koek was die senter-gehalte-breekslag waarmee Louw hom vir die derde deurgejaag het. Elton Jantjies, wat Goosen vervang het, het Louw lieflik in die gaping gespeel.

Dié Bokke is nie meer bang om dinge te probeer nie.

Die Wallabies was maar hoi poloi, bygesê.

Dit was die perfekte voorbereiding vir Saterdag se grote in Soweto teen die All Blacks. Teen die sterker teenstanders uit Nieu-Seeland sal die Bokke waarskynlik versigtiger moet speel.

Maar kan hulle wen? Geoordeel aan gister, beslis.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Cyberjerk Ingram sê... Die DA se dokumentasie is beskikbaar. Hulle ondersteun naakte rassisme teen blankes in die vorm van RA en SEB. Hulle ondersteun ook moord in die vorm van aborsie. Ja en NUM soek hierdie jaar 60% verhogings ? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-16°C Afternoon clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.