Misdaad styg vinnigste in Durban, Pretoria; daal in Goudstad

2001-04-21 20:17

Hoewel Johannesburg steeds die hoogste misdaadsyfer het, is dit die enigste stad in Suid-Afrika waar inwoners se kans om 'n misdaadslagoffer te word sedert 1994 afgeneem het. Pretoria en Durban het groot probleme.

Dit is die gevolgtrekking in 'n ontleding van misdaadsyfers van die SAPD wat in die jongste uitgawe van Nedbank en die instituut vir sekerheidstudie (ISS) se misdaadindeks verskyn.

Weens die moratorium op die uitreik van misdaadstatistieke is die syfers van 1994 tot 1999 ontleed in polisiedistrikte wat die beste deursnee van 'n stad verteenwoordig.

Misdaadvlakke styg die vinnigste in Pretoria en Durban, gevolg deur die westelike metropool in Kaapstad en Soweto. In al die stede, buiten Durban en Johannesburg, is motorkapings die ernstige misdaad wat die vinnigste toeneem.

Misdaad in Johannesburg het van 1994 tot 1999 met 2% gedaal.

Aangemelde misdaad in Suid-Afrika het van 1994 tot 1999 met 15% gestyg. "Die probleem word blykbaar progressief erger - die styging van 7% tussen 1998 en 1999 was die hoogste persentasiestyging nog sedert 1994."

In Pretoria en Durban het voorvalle in die 28 kategorieë van ernstige misdaad van 1994 tot 1999 met 19% gestyg. Van 1998 tot 1999 het misdaad in Pretoria met 11% gestyg. Verskeie ernstige misdade soos motorkapings, roof met verswarende omstandighede en voertuigdiefstal het vinniger gestyg as die totale misdaadsyfer. Moorde in Pretoria het van 1994 tot 1999 met 12% toegeneem, terwyl moorde landwyd met 11% afgeneem het.

In Durban styg huisbraak, roof met verswarende omstandighede en verkragting vinniger as die totale misdaadsyfer. Moorde en bankrooftogte het afgeneem.

Hoewel minder misdaad aangemeld is in die westelike metropool van Kaapstad as in Pretoria en Durban, styg die misdaadvlakke byna net so vinnig.

Die 28 kategorieë van ernstige misdaad het in die westelike metropool met 17% toegeneem. Die tempo van die styging het afgeneem tot net 1% van 1998 tot 1999.

Motorkapings het egter jaarliks van 1994 tot 1999 met gemiddeld 26% gestyg.

Moorde het in die westelike metropool met 23% toegeneem.

Misdaad in Soweto het met 11% gestyg. Soos in Pretoria, Durban en die westelike metropool het motorkapings, huisbraak en roof met verswarende omstandighede vinniger as ander misdaad toegeneem.

Misdaad in Port Elizabeth het met net 2% gestyg, maar die gevaarligte flikker. In 1997/98 was die styging 4% en in 1998/99 sowat 7%.

Inbrake by ondernemings en huise, motordiefstal, motorkapings en moorde het afgeneem in Johannesburg.

"Maar dit is belangrik om daarop te let dat die afname in misdaad in Johannesburg voorgekom het tussen 1995 en 1997. Tussen 1997 en 1998 het misdaadvlakke konstant gebly en in 1999 met 6% gestyg."

acorneli@rapport.co.za

- Rapport

binne rapport

Weer
Ksd: 12-16°C High level clouds. Cool. Pta: 3-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-14°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-16°C Morning clouds. Refreshingly cool.
Dbn: 9-22°C Broken clouds. Mild. PE: 9-18°C Showers late. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot R2000 op die gewildste elektroniese ware

Kry elke dag besparings wat jou kop sal wegblaas op die gewildste elektroniese ware. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!