Moedige Reef verjaar in Disneyland

2012-09-22 23:15

Reef het Maandag sy vierde verjaardag gevier. | Foto: Tiny Sparrow

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Reef Carneson kon vir die eerste keer sy verjaardag geniet, kerse doodblaas en lekkergoed eet en dít nogal in Disneyland.

Reef, die Suid-Afrikaanse peuter wat in Amerika vir transplantaat-versus-gasheer-siekte behandel word, het Maandag vier geword.

Sy siekte spruit uit ’n beenmurg­oorplanting nadat leukemie in 2009 by hom gediagnoseer is.

Toe Rapport verlede jaar in Oktober by Reef gaan kuier het, kon hy nie praat, self loop, sy hande gebruik of buite speel nie. Dit was kort voor sy vertrek na Amerika. Sy vel was oral gebars en teer, sy vuisies heeltyd gebal en hy is met ’n buis deur sy neus gevoed.

Maar nou is dit ’n heel ander storie, sê sy ouma Charmeon Carneson.

“Die verbetering is ongelooflik.”

Reef kan nou al ses woorde sê en kommunikeer verder deur na prentjies te wys. Nie net kan hy op sy eie staan nie, maar hy is nou ’n woelwater wat rondhardloop en speelgoed optel.

“Sy hande kan nog nie eens halfpad oop nie, maar hy kom mooi reg,” sê Charmeon.

Reef se dae bestaan uit spraak-, arbeids- en fisioterapie.

Hy kry ook binnekort gips aan sy arms en bene om sy hande te strek en sy bene reguit te maak.

“Maar hy is ’n bondeltjie energie. As hy te haastig is om sy woorde uit te spreek, babbel hy te lekker in baba-taal.”

Reef het Maandag sy verjaardag gevier saam met al sy gunsteling Disney-karakters en kon self lekkers eet.

“Reef sal vir die res van sy lewe transplantaat-versus-gasheer-siekte hê, maar sy lewensgehalte het in die laaste tien maande baie verbeter.”

Sy ouers, Lydia en Ryan, en sussie, Payten, is in Amerika met ’n mediese visum en word onderhou deur skenkings waarvan 99% volgens Charmeon uit Suid-Afrika kom.

“Die span agter Reef is ongelooflik. Ek dank God vir dié mense, want as dit nie vir hul onbaatsugtigheid was nie, sou Reef nie hier gewees het nie.”

Meer oor Reef by www.savebabyreef.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Dave Du Plessis sê... . En Rieks, to ek hom eendag op sy geboortenaam 'Blip' gevvra het wat sy geloofsoortuigings is, het hy hom daarvan weerhou om homself daaroor uit te spreek. Baie vol van homself (en dit is waarop ek hom toe gewys het) om ander wat hul Geloof uitspreek, aan te val, maar weier om sy eie uit te spreek. Vandat hy van naam tot naam rondval en profielfotos van andere gebruik, blyk hy 'n uitgesproke ateïs te wees. 'Johannes Someything' met 'n swart profielfoto het weer plek gemaak vir 'Drama Queen' met 'n soort van Charlie Chaplin gesig. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Tax manager

Sandton
Communicate Cape Town IT
R600000 - R700000

Tax Specialist

Midrand
Communicate Cape Town IT

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.