'Moenie Madiba-nalatenskap verraai'

2012-10-07 00:19

Suid-Afrika se jeug moet verhoed dat oudpres. Nelson Mandela se nalatenskap verraai word.

Dr. Mamphela Ramphele, sakevrou en oud anti-apartheidstryder meen die jeug moet nes hul eweknieë onlangs in Noord-Afrika en die Midde-Ooste, sowel as dié van 1976, die leisels opneem om te verseker swart en wit leef vreesloos saam in vrede.

Só skryf Ramphele in haar boek, Conversations with my Sons and Daughters, wat Donderdag in Illovo, Sandton, bekend gestel is.

Ramphele het tydens ’n vraesessie by die bekendstelling ook aangevoer mense fokus te veel op politieke leiers. Sy word dikwels gevra of sy haar eie politieke party wil stig, net omdat sy uitgesproke teen die regering is.

“Daar is geen nut vir meer politieke partye nie. Die dag as landsburgers hul eie lot kan bevorder, sal politieke partye nie meer baat nie.”

Volgens haar is Helen Zille, DA-leier, se planne vir ’n koalisie-opposisieparty, nie ongewoon nie en is dit vir politieke partye nodig om na soveel stemme as moontlik te luister.

Sy skryf verder dit is regverdig om te sê pres. Jacob Zuma se regering skeep uitmuntendheid af in sy strewe na gelykheid.

“Die vlak van onbekwaamheid (in die staatsdiens) soos vervat in die ouditeur-generaal se 2011-verslag is skrikwekkend. Die stelsel kraak weens ’n gebrek aan leierskap van bo. ’n Dramatiese en dringende verandering is nodig net om die mees basiese nasionale doelwitte te bereik.”

Volgens Ramphele word verantwoordelikheid in die huidige geslote partylys-stelsel, waar parlementslede afhanklik is van partyleiers vir hul hoogsbetalende poste, verwring.

Sy verstaan nie waarom Suid-Afrika steeds dié regeringstelsel gebruik nie.

“Dit was net ’n (tydelike) klousule in die Kodesa-skikking tot ná die eerste demokratiese verkiesing. Dit neem die mag weg van mense en gee dit aan partyleiers. Of dié korrup is of nie. Dit moet verander.”

Ramphele skryf die jeug se leierskap is daarom dringend nodig.

“Die Arabiese Lente van 2011 wys dat waar daar ’n wil is, is daar ’n weg om selfs die mees onbuigbare stelsels te verander. Jong mense in Noord-Afrika en die Midde-Ooste het onverantwoordbare leiers uitgedaag en gewen. Die tyd vir jul generasie om te lei, is nou.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-20°C Partly sunny. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R300000 - R450000

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Operations Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
R500000 - R600000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.