Monopoly kraai koning

2012-12-29 23:17

Monopoly is steeds bobaas onder bordspeletjies in Suid-Afrika.

Benewens dat dit pret is (mits jy uit die tronk kan bly) is dié en ander bordspeletjies byna so gesond vir jou kind as spinasie.

Volgens Leanne Lombard van Prima Toys in Johannesburg is Monopoly hul beste verkoper.

Daarna kom 10 Game Compendium, Rummikub Experience, Monopoly Millionaire, Rubik’s Cube, Twister Refresh, Fun on the Run Games, Jenga, Battle­ships en Twister.

Ook by Toys R Us verkoop Monopoly die meeste, sê Maurice Sacher, ’n mede-eienaar van Redgwoods, wat Toys R Us besit.

Hiernaas verkoop Twister en Trivial Pursuit die meeste.

Volgens Sacher vaar die verkope van die nuwe toevoeging tot bordspeletjies, Monopoly Millionaire, ook baie goed.

Behalwe dat dit groot pret is, het dié speletjies ook opvoedkundige waarde, sê Annemarie Bateman, ’n arbeidsterapeut van Roodepoort.

“Dit is belangrik dat kinders wat op pad skool toe is bordspeletjies speel, want dit kweek konsentrasievaardighede.

“Jy leer om te wag, om te deel, jy ontwikkel getalbegrip en jy leer kleure uitken.”

Bateman meen bordspeletjies help sosiale vaardighede kweek (wag jou beurt af) en help spelers om van vroeg af tussen reg en verkeerd te onderskei (moenie jou maatjie se Monopoly-geld steel nie).

Benewens kinderontwikkeling is dit selfs goed vir die gesin, as almal hulle natuurlik gedurende die spel gedra.

“As ’n gesin só saamspeel, besef hulle die waarde van dinge saam doen. Jy leer ken die ander mens beter. Jy besef wat sy of haar sterk punte is.

“Kinders besef ook hulle is deel van ’n span. En as jy ’n fout maak, moet jy leer hoe om dit te hanteer en hoe om dit reg te maak.”

Dit het ’n sielkundige invloed op kinders wanneer hulle saam met hul gesin hierdie speletjies speel, meen Bateman.

Hulle besef hulle is belangrik genoeg dat hul gesin tyd saam met hulle wil deurbring, sê Bateman.

“Kinders sien hoe ouers saamwerk en hoe hulle ’n situasie benader wanneer hulle nie die antwoord ken nie. Kinders sien dus hoe hul ouers in tye van ‘nie weet nie’ die saak hanteer.

“Kinders moenie eers wanneer hulle op skool is bordspeletjies begin speel nie, maar so vroeg moontlik.”

Antwoorde: 1. Monopoly 2. Dr. Black 3. Trivial Pursuit 4. Pictionary 5. 32 6. Tien

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-21°C Showers late. Morning clouds. Mild.
Jhb: 9-16°C Showers late. Mostly cloudy. Cool. Bfn: 8-19°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Cool. PE: 9-20°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R380000 - R400000

Direcctor of Finance

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R1200000 - R1700000

Financial Manager

Centurion
Communicate Cape Town IT
R600000 - R700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.