Moodley-aansoek misluk

2012-02-01 14:13

Regter Joop Labuschagne meen Donovan Moodley (31) se “ware storie” agter die moord van me. Leigh Matthews is deurspek met onwaarskynlikhede en die desperate poging van ‘n man wat voel hoe die skoen knyp in sy huidige omstandighede.

Labuschagne het Woensdag in die hooggeregshof in Johannesburg Moodley se aansoek om sy skuldigbevinding aan me. Matthews se moord en menseroof en die afpersing van haar pa, Rob, tersyde gestel en sy aansoek om ‘n herverhoor afgekeur.

Moodley het oorspronklik skuld beken, maar het in dié aansoek beweer hy het gelieg omdat brig. Piet Byleveld, ondersoekbeampte in die saak, hom gedwing het om ’n bekentenis af te lê.

Hy het ook aangevoer die ondersoek was gedokter sodat niemand die “ware storie” sou hoor nie. Die waarheid is volgens Moodley dat drie dwelmsmouse hom gedreig het om by me. Matthews se ontvoering in 2004 by die Bond Universiteit in Sandton betrokke te raak en dat hy moes toekyk hoe een van hulle, slegs bekend as Jemba, haar doodgeskiet het.

“Hoekom sou die gevaarlike drie dwelmsmouse juis Moodley nader om hulle met ‘n ontvoering by te staan. Hoekom sou die drie mans me. Matthews voor Moodley doodmaak en hom eenvoudig vry laat? Met van dié feite kan ek net vind dat Moodley se weergawe oor die drie dwelmhandelaars onwaar is,” het Labuschagne gesê. -- BEELD

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2007
R 279,990.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.