Moord op plaas by Delmas skok gemeenskap

2000-08-19 23:24

Delmas. - Die gemeenskap was gister nog verslae en geskok oor die moord op 'n vrou wat vermoedelik gister in die vroeë oggendure in haar huis op haar plaas vermoor is.

Die lyk van mev. Susanna Johanna Smith (Tannie Kinnie, 71) is omstreeks halfdrie gisteroggend deur haar een seun, Freek (34), in die eetkamer van die opstal gekry op die plaas Rietvallei, sowat 17 km buite Delmas op die Pretoria-pad.

Freek, wat in sy eie huis op die plaas sowat 50 m van sy ma se huis af woon, was uit saam met vriende en het by sy terugkeer op die treurspel afgekom.

Volgens die polisie was haar hande en voete met stukke materiaal, vermoedelik van haar klere, vasgebind.

'n Stuk lap was ook om haar nek gebind.

Sy is vermoedelik verwurg.

Die bejaarde vrou het die aand by haar skoonseun, Johan, en dogter, Ansie van Zyl, wie se huis sowat 200 m van haar eie is, gekuier.

"My skoonma is omstreeks halfelf eergisteraand hier weg," het Johan gister aangedui.

"Sy moes geruime tyd reeds in die huis gewees het voordat sy oorval is want 'n bossie blomme wat my vrou vir haar gegee het, was ná haar dood reeds klaar in 'n blompot gerangskik."

Sy was jare lank 'n onderwyseres aan die Laerskool Delmas en het 'n jaar gelede weer by die skool afgelos.

Sy was baie geliefd onder veral die kinders en het volgens vriende, familie en kennisse nooit 'n vlieg kwaad aangedoen nie.

Ná die dood van haar man, mnr. Koos Smith, 'n voormalige bevelvoerder van die Delmas-kommando, het sy sowat drie jaar alleen in haar huis gewoon op die familie-erfplaas waar haar man reeds gevestig was toe hulle in 1952 getroud is.

Daar is geen teken van inbraak by die huis nie. Die hele opstal is met 'n elektriese heining omhein. Die res van die plaas word verhuur. Daar is enkele huise van werkers, waarvan een binne die omheinde gedeelte. 'n Hek naby die werkershuise wat altyd gesluit word, was ná die voorval nie gesluit nie, sê die polisie.

Die moontlikheid dat toegang tot die huis met 'n sleutel verkry is, word nie uitgesluit nie.

Van Zyl sê dit lyk asof haar moordenaar/s sy skoonma gedwing het om die kluis oop te sluit.

"Die kluis se sleutel het ná haar dood in die kluis gesteek. Dis iets wat my skoonma nooit sou doen nie. Sy was heilig op die sleutel en dit was altyd in haar besit."

Drie vuurwapens - 'n haelgeweer, pistool en 308-geweer - kontant en 'n selfoon, word uit die huis vermis. Haar roomkleurige Volkswagen Golf met registrasienommer BYB 757 MP word ook vermis.

Mnr. Chris Rossouw, pa van die Springbokhaker Chris en gewese voorsitter van die Landbou-unie op Delmas, sê: "Hierdie is die daad van die grootste klomp lafaards wat daar is. Waarskynlik het hulle geweet dit is 'n bejaarde vrou wat alleen daar woon en toe kies hulle haar juis omdat sy 'n maklike teiken is.

"Ons as boeregemeenskap doen 'n baie ernstige beroep op die Regering om daadwerklik op te tree."

Die gemeenskap dreig om 'n besoek van die Amerikaanse ambassadeur, wat die gebied Maandag besoek om 'n opleidingsprojek daar bekend te stel, te ontwrig om hul misnoeë met plaasaanvalle te kenne te gee.

- Rapport

binne rapport

Weer
Ksd: 11-21°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Mild. Bfn: 4-16°C Sunny. Cool.
Dbn: 13-23°C Morning clouds. Mild. PE: 11-23°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!