Moordenaar verdedig die skieter

2012-09-09 01:07

Sithembele Elvis Tebe sit links voor die moordbeskuldigde, Xolile Mngeni in die hooggeregshof in Kaapstad.| Foto: Yunus Mohamed

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Veroordeelde moordenaar wat op mediese parool vrygelaat is, is deel van die regspan wat veg om ’n beskuldigde in die Anni ­Dewani-moordsaak uit die tronk te hou.

Sithembele Elvis Tebe tree nou saam met Qalisile Dayimani in die hooggeregshof in Kaapstad op vir Xolile Mngeni, wat daarvan aangekla is dat hy die Britse toeris op 13 November 2010 in ’n nagebootste motor­kaping doodgeskiet het.

Tebe is in April 2004 in dieselfde hof skuldig bevind aan moord en effektief tien jaar tronkstraf opgelê.

In 2006 is hy op mediese parool vrygelaat nadat mediese verslae aangetoon het hy is terminaal siek.

Voordat hy Bongani Phendula (31) van Khayelitsha in November 2002 in ’n padwoedevoorval doodgeskiet het, was ­Tebe ’n landdros in die hof in Mitchells Plain.

Nadat Phendula in sy motor vasgery het, het Tebe hom agtervolg en in ’n straat vasgekeer.

Koos Gerber, ’n waarnemende adjunkdirekteur van kommunikasie in die departement van korrektiewe dienste (DKD), sê Tebe is sedert 22 Junie 2006 op mediese parool en sy vonnis verstryk op 12 April 2013.

Die siektetoestand wat bygedra het tot Tebe se mediese parool is vertroulik van aard en gaan nie bekend gemaak word nie, sê Gerber.

“Maar hy sou nie medies vrygelaat gewees het as die mening nie was dat hy op daardie sta­dium terminaal siek geag is nie.”

Volgens hom weet die DKD Tebe werk vir ’n regsfirma.

Tebe het toestemming daarvoor en dit is deel van sy aangepaste voorwaardes.

Mngeni se regspan het vroeër ook in die hof aangevoer dat hul kliënt ’n kwaadaardige breingewas het en nie hofverrigtinge kan volg nie, maar doktersverslae het getoon Mngeni kan wel.

Intussen wend die vermoorde Anni se man, Shrien Dewani, hom op 18 September weer tot die Britse hooggeregshof waar hy stry om nie aan Suid-Afrika uitgelewer te word nie.

Hy voer aan hy ly aan post-traumatiese stres en dat hy nie regverdig in Suid-Afrika verhoor sal word nie.

* Dayimani en Tebe het die afgelope week kat en muis met die media gespeel oor wie nou eintlik Mngeni se regskoste betaal. Op ’n vraag oor die gerug dat die Dewani-familie glo Mngeni se regskoste betaal, het Dayimani laggend gesê ’n Keniaanse regskonsultant, ene “Edmondo”, en ’n groep menseregte-advokate help betaal.

Die afgelope Donderdag het Dayimani telefonies aan Rapport Edmundo se van as “Bizagomba” uitgespel. Die gewers se geldelike hulp, sê Dayimani, was “drupsgewys” en het nou “eintlik opgedroog”.

* Mngeni se hofsaak gaan môre voort.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Dave Du Plessis sê... . En Rieks, to eek hom eendag op sy geboortenaam 'Blip' gevvra het wat sy geloofsoortuigings is, het hy hom daarvan weerhou om homself daaroor uit te spreek. Baie vol van homself (en dit is waarop ek hom toe gewys het) om ander wat hul Geloof uitspreek, aan te val, maar weier om sy eie uit te spreek. Vandat hy van naam tot naam rondval en profielfotos van andere gebruik, blyk hy 'n uitgesproke ateïs te wees. 'Johannes Someything' met 'n swart profielfoto het weer plek gemaak vir 'Drama Queen' met 'n soort van Charlie Chaplin gesig. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.