Mulder sê hy gaan nie as adjunk bedank nie

2012-02-18 22:35

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF+, gaan nie as adjunkminister van landbou, bosbou en visserye bedank nie, al het pres. Jacob ­Zuma Donderdag in die parlement die vloer met hom gevee.

Zuma het nog nooit die afgelope drie jaar iemand só heftig in die parlement geroskam nie. Maar Mulder is min gepla.

“Ek is nie getroud met die pos nie, maar ek gaan nie bedank nie. As wat die afgelope week gebeur het nie aanvaarbaar is nie, moet hy (Zuma) my inroep en met my praat. As dít (’n opposisiemandaat in die kabinet) nie werk nie, dan los ons dit,” het Mulder aan Rapport gesê.

Zuma het Donderdag in sy repliek op die debat oor die staatsrede gesê Mulder het almal “geskok” met sy “miskenning” dat wit mense swart mense hul grond ontneem het.

Zuma het Mulder van “onverantwoordelike leierskap” beskuldig en hom gemaan om “baie versigtig” te wees oor dié “uiters sensitiewe en emosionele kwessie”.

“Dit is verkeerd om só onverantwoordelik in die Huis (die Nasionale Vergadering) te wees, dis nie goeie leierskap nie, ongeag wat jóú ondersteuners dink,” het ’n onverbiddelike Zuma gesê.

Mulder volstaan by die inhoud van sy toespraak.

Hy het aan Rapport gesê dis juis mnr. Julius Malema se uitsprake oor wit mense wat grond by die swart mense “gesteel” het wat reggestel moet word.

“Ons gaan nou weer ’n seisoen van besluitneming in (met verwysing na die ANC se beleidskongres). Dis nou die tyd om die grondkwessie op die spits te dryf vóór daar in ’n hittige oomblik in Junie ’n onverantwoordelike besluit geneem word soos in Polokwane gebeur het,” sê Mulder.

Mulder het Woensdag in die debat oor ­Zuma se staatsrede gesê daar is sterk bewyse dat “Bantoe-sprekendes” nie oorspronklik van die Wes- en Noordwes-Kaap kom nie – ’n gebied wat 40% van die land se oppervlak beslaan. Sy aannames is geskoei op prof. Louis Changuion en mnr. Bertus Steenkamp se boek Omstrede land, wat vandeesweek gepubliseer word.

Me. Karin Kleinbooi van PLAAS, die instituut van armoede, grond en landboustudies aan die Universiteit van Wes-Kaapland, sê Mulder se aanname is verregaande en ondermyn die demokrasie.

“Die Grondwet is baie duidelik hieroor: Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon en hierdie is die onderliggende basis van ons grondbeleid. Mulder se bevraagtekening oor of ‘Bantoes’ die regmatige bewoners van grond in Suid-Afrika was, is uit voeling met die Grondwet en die beleid wat historiese grondaansprake erken.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
327 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2007
R 279,990.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.