‘Müller was g’n weermag-operateur’

2010-06-26 23:02

JACQUES PAUW IN JOHANNESBURG

Die Suidlanders se aansprake dat hul leier ’n gesoute intelligensie-operateur van die voormalige Suid-Afrikaanse Weermag was, word sterk bevraagteken.

So ook sy vermoë om intelligensie-analise te doen.

Die Suidlanders sê dit is mnr. Gustav Müller se ervaring en kundigheid as voormalige weermag-operateur wat hom in staat stel om te voorspel dat wittes tydens ’n “nag van lang messe” uitgemoor gaan word.

“Dit gaan gebeur! Jy gaan dit sien!” het Müller weer die afgelope week aan Rapport gesê.

Volgens die Suidlanders se webtuiste is Müller as 18-jarige hoofseun van Villiers in die Vrystaat gewerf en gekeur om by die destydse Militêre Inligting aan te sluit.

Sy skoolhoof, mnr. Gerhard Erwee, het in ’n getuigskrif gesê die jong Gustav “het ’n besondere liefde vir sy Volk, God en Vaderland”.

Ná ’n jaar van basiese opleiding in Kimberley het Müller die rang van tweede luitenant ontvang en is hy na die Suid-Afrikaanse Militêre Inligting-kollege verplaas. Hy is in 1988 tot volle luitenant bevorder. Hy was by die kollege werksaam tot sy bedanking uit die weermag in 1991.

Müller was tot dusver vaag oor watter intelligensiewerk hy gedoen het.

- Sy voormalige vertroueling, die selferkende spioen Danie Odendaal, sê hy het nooit enige intelligensiewerk gedoen nie.

“Hy was by Militêre Inligting, maar hy het wagte uitgesit en sport afgerig,” sê Odendaal.

’n Weermag-woordvoerder het gesê hulle hou nie verslag van mense en hul posisies in Militêre Inligting vóór 1994 nie.

- Op ’n webwerf vir oud-weermaglede sê Neels van Tonder: “My mening is dat hy moontlik as ’n nasionale dienspligtige by een van die MI-organe werksaam was, maar nooit in enige sensitiewe of inligtingspos nie.”

- Paul Coetzee sê op dieselfde webwerf: “As ’n voormalige lid van Afdeling Inligting tussen 1981 en 1996 en onder andere hoofinstrukteur by die SA Militêre Inligtingskollege, dra ek geen kennis van die heer Gustav Müller nie.

“Hy het moontlik as ’n dienspligtige hier iewers diens gedoen, maar dat hy een of ander foendi was, is onwaar.”

- Müller het vandeesweek gesê: “Ek het baie poste beklee. Ek was eenheid-sekuriteitsoffisier. Ek moes omsien na die beveiliging van die eenheid. Ek was die adjudant en moes omsien na die dissipline in die kamp. Ek het vir die kursusgangers ook as instrukteur opgetree.”

Rapport : “Het jy ooit intelligensiewerk gedoen?”

Müller: “Nee, ek het nooit spioenasie gedoen nie. Ek het opleiding gedoen. Ek was by die kollege. Dis wat jy daar doen. Ek het nooit projekte hanteer nie.”

Rapport: “So, jy het nie ondervinding in intelligensie as sodanig nie?”

Müller: “Jy vra my nou vrae wat geklassifiseer kan wees. Ek kan nie al hierdie vrae antwoord nie.”

Rapport: “Hoe kan dit geklassifiseer wees wat jy gedoen het?”

Müller: “Ek het niks om oor vervolg te word nie, maar ’n ou weet mos nooit.” 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2007
R 279,990.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.