‘My ma was ons roos: Mooi binne en buite’

2012-09-09 01:11

Rouklaers het ná die roudiens vir die vermoorde Christa Ross (59) rose by ’n foto van haar voor die Rossta-gastehuis in Heuningkloof, Kleinmond, gesit. | Foto: Julian Jansen

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die eienares van die Rossta-gastehuis in Kleinmond het met mening teruggeveg toe haar aanvaller(s) haar vroeg verlede Vrydag verwurg en haar lyk daarna in ’n bad met vermoedelik vuurwarm water gesit het.

Ingeligtes bestempel die moord op Christa Ross (59), ’n geliefde gemeenskapsmens van die dorp, as “wreed”.

Die lykskouing en verklarings van sekere mense het glo goeie leidrade aan die polisie verskaf.

Ross se half geklede lyk is net ná 11:00 in die badkamer van haar vierslaapkamer-gastehuis in Heuningkloof, Kleinmond, aangetref.

Dit was enkele ure nadat haar man, Rossie (61), na Johannesburg vertrek het.

Die egpaar, oorspronklik van Kimberley, het hulle in 2010 op die kusdorp gevestig.

Ross en drie gaste was in die gastehuis toe haar man om 03:45 na die lughawe vertrek het.

Hy is ’n mynkonsultant en sou ’n voorlegging in Johannesburg gaan doen.

Toe twee ander gaste om 11:00 by die gastehuis opdaag en niemand die voordeurklokkie beantwoord nie, het hulle Ross se man gekontak.

Hy het toe sy buurvrou, Anorina van Eeden, gebel, wat toe ondersoek ingestel het.

Ross se lyk is in die bad aangetref. Haar maroenkleurige BlackBerry, verloofring en ’n wit laken wat vermoedelik bloedspatsels op kan hê word uit die huis vermis.

Haar man het aan Rapport gesê dit was ’n groot skok toe hy in Johannesburg moes verneem sy vrou is vermoor.

Ds. Barry Lordan het eergister tydens Ross se roudiens in die NG kerk Kleinmond gesê sy woorde vir die Ross-familie in dié hartseer, ingewikkelde tyd is min.

Gerugte vlieg rond en daar is nog baie vrae vir die familie en vir Kleinmond. Dit is soos om deur ’n dowwe spieël te kyk, maar tyd sal die antwoorde bring.

Hy het gesê Ross se lewe was gekenmerk deur liefde vir almal.

Haar werk in talle verenigings, die laerskool en die tennisklub is geloof.

Haar broer, Sam Manefeldt, het in ’n emosionele huldeblyk staaltjies oor sy suster, wat tuis as Kwassie aangespreek is, vertel.

Ross se seun Ian het tydens sy bedankings gesê: “My ma was die roos in ons huis, mooi van binne en van buite.”

Hy het daarna ’n rooi roos aan sy pa gegee met die roerende woorde: “Ek gee die roos vir pa. Dit is my ma se hart. Kyk na haar, praat met haar.”

Hy het sy pa, wat deur die diens stil en strak voorgekom het, toe emosievol vasgegryp.

* Ao. November Filander, ’n polisiewoordvoerder, het gister gesê die ondersoek is in ’n sensitiewe stadium en die polisie kan geen kommentaar lewer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
35 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Courier Sales Executive

Durban
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Tax manager

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R600000 - R700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.