My vyf jaar van werkhel met Terre’Blanche

2010-04-17 22:50

Mnr. John “Klaas” Mosegathebe (62) vertel van die hel wat hy deurgemaak het in die vyf jaar wat hy vir mnr. Eugène Terre’Blanche gewerk het.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Toe Eugène Terre’Blanche op 11 Junie 2004 by die tronk uitgestap het, het hy verklaar dat hy nou nader aan sy Skepper is.

Maar mnr. John “Klaas” Mosegathebe, wat ná Terre’Blanche se vrylating vyf jaar vir hom gewerk het, het niks goeds oor die vermoorde AWB-leier te sê nie.

Hy sê Terre’Blanche het hom gereeld verneder en aangerand.

Mosegathebe (62) is halfblind en ’n selferkende alkoholis. Hy woon by sy suster in die Tshing-township buite Ventersdorp. Hy is werkloos en bring die meeste van sy tyd by die viswater deur, op soek na kos.

“Die enigste ding wat my oor Terre’Blanche se dood pla, is dat hy my nooit ten volle betaal het nie,” sê hy.

“Ek word só kwaad. Ek sukkel. Ek haat daai man. Hy was ’n slegte mens en ’n skelm.”

Die trane rol nou oor Mosegathebe se wange.

“Die laaste keer toe ek weggeloop het, het hy al my goed gevat – my potte, panne, slaapgoed en my Nokia-selfoon.”

Nog trane. “In die vyf jaar wat ek vir hom gewerk het, het hy net een keer my salaris betaal. Elke keer as ek daarvoor gevra het, raak hy kwaad. Dan moes ek hoor hy sal my later betaal,” sê Mosegathebe.

En wanneer hy gedrink het?…

“Dan het hy goed gesê soos ‘julle donnerse k*****s, ek gaan julle vrek maak en vir die honde gooi in die veld’.”

Hy beweer ook Terre’Blanche het hom gereeld mishandel.

“Hy het my voor die bors gegryp, gewurg en met ’n sweep bygekom. Sy lekkerste speletjie was om my op te tel langs sy perd, weg te galop en so in die galop skielik te los.”

Maar wanneer Terre’Blanche nugter was, “was hy soos ’n engeltjie”, sê Mosegathebe.

Hy het keer op keer weggeloop, en dan het Terre’Blanche hom gebel en gesmeek om terug te kom.

“Hy het my omgekoop. Hier is vir jou R20 – koop vir jou ’n doppie. Ek tel jou môre hier op. Daai soort van ding. Dan het ek maar teruggegaan.”

Oor die twee mense wat aangekla is weens die moord op Terre’Blanche sê Mosegathebe: “Daai twee mense het nie een skoene of broeke gehad nie. Terre’Blanche was te suinig en ek moes van my klere vir hulle gee.”

En dan sug hy: “As Terre’Blanche my nie drie maande gelede weggejaag het nie, dan sou hy nog gelewe het. Ek sou na hom gekyk het.”

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
129 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Johan sê... Dit is mos nie hulle geld wat hulle mors nie en vir hulle honger COMRADES se hulle voertsek sorg vir jou self, ek is happy. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Professional MY10
2011
R 149,950.00

VOLKSWAGEN

Polo Sedan 1.4 Comfortline
2011
R 176,999.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.