Myne kan vonk in kruitvat word

2012-09-16 00:27

Die gewelddadige mynstakings is die ergste krisis in Suid-Afrika sedert die ANC-regering in 1994 die bewind oorgeneem het.

Van pres. Jacob Zuma se woordvoerder tot politieke ontleders beskou die onrus wat sedert verlede maand se Marikana-slagting woed as die “grootste toets” vir Suid-Afrika se jong demokrasie.

Ook die Europese media het die afgelope week ’n taamlik donker prentjie van Suid-Afrika geskilder. Koerante het veral klem gelê op die ANC se onvermoë om die gemoedere te kalmeer en die invloed wat Julius Malema, uitgeskopte ANC-jeugleier, op die gang van sake het.

In die Frankfurter Rundschau is Johannes Dieterich se harde oordeel dat ’n “politieke en ekonomiese ramp” ná 18 jaar van ANC-bewind ontwikkel. “Die ANC het nóg ’n visie nóg ’n idee hoe hy die skerper wordende kloof kan oorbrug.”

Hy haal die ontleder Aubrey Matshiqi aan wat sê net ’n vonk is nodig om Suid-Afrika in vlamme te laat opgaan.

Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, het gister aan Rapport gesê die huidige demokrasie is voor sy grootste toets.

“Ons sal nóú moet besluit: Óf ons gaan gly tot anargie óf ons gaan doelbewus bou aan hierdie land.”

Intussen meen prof. André Duvenhage, ’n politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit, die land is in die onstabielste fase sedert 1996.

Dit word vererger deur spanning in die ANC-alliansie oor die leiersverkiesing in Desember in Mangaung, verswakkende ekonomiese toestande en armes se hoër verwagtinge met dienslewering en lone.

Volgens hom is die ANC voor ’n kruispad en dit gaan ongelooflike eise aan Zuma se leierskap stel.

“Wat ons nou hier sien, is die grootste krisis wat die Zuma-regering nog getref het, indien nie die grootste sedert die ANC in 1994 oorgeneem het nie.”

Duvenhage voorspel die regering gaan ’n noodtoestand in die mynbedryf aankondig, sou die noodmaat­reëls wat Vrydagmiddag ingestel is nie die onrus stuit nie.

David Bruce, ’n onafhanklike navorser wat spesialiseer in polisiëring, stem saam die regering is vermoedelik besig om op ’n noodtoestand voor te berei.

Bruce is woedend omdat die regering apartheidswetgewing teen mynwerkers inspan.

Jeff Radebe, minister van justisie, het eergister op ’n mediakonferensie by die Uniegebou gesê die Wet op Gevaarlike Wapens van 1968 sal gebruik word om kalmte in die mynsektor af te dwing.

“Dit is nié onwettig vir die mynwerkers om wapens te hê nie. Moet hulle nou net ingee?” vra Bruce.

Die ander wetgewing wat as noodmaatreël geld, is die omstrede Wet op die Reëling van Byeenkomste van 1993.

“Waarom het die polisie dan nie dié wet voor die Marikana-tragedie al toegepas nie? Ek sal nie verbaas wees as dit ter voorbereiding op ’n noodtoestand is nie.”

Maharaj het dit egter duidelik gemaak die noodmaatreëls wat sedert Vrydagmiddag geld – waaronder dat geen onregmatige byeenkomste of wapens by die myne toegelaat word nie – is “nie ’n noodtoestand nie”.

City Press
, susterkoerant van Rapport, berig die militêre polisie het glo twee van die mense wat Malema se ontmoeting verlede Woensdag met ongelukkige soldate by Lenasia gereël het, in hegtenis geneem omdat hulle blykbaar hul bevelvoerders se bevele verontagsaam het.

Xolani Mabanga, weermag-woordvoerder, het bevestig twee soldate is in hegtenis geneem en dat klagte van intimidasie en aanhitsing teen hulle ingedien kan word.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-24°C Sunny. Mild. Pta: 5-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-18°C Sunny. Mild. Bfn: 2-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-22°C Morning clouds. Mild. PE: 12-26°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Head of Sub-Sahara Markets and Securities Services - Banking

Johannesburg
Michael Page International SA (Pty) Ltd

Receptionist

Pretoria
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 000 - R20 000 Per Month

Insurance + Beauty Internal Sales

Sandton
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 000 - R28 000 Per Month

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!