Myne vreet ons mielies

2012-08-26 21:34

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Mpumalanga is ons land se kosmandjie – byna die helfte van ons beste landbougrond lê in dié provinsie.

Mielies is koning. In 1997 nog het dié gewas, ’n stapel vir miljoene Suid-Afrikaners, 84% uitgemaak van alle gewasse wat daar aangeplant is.

Nou is dit 66%.

Die produksie van 1,2?miljoen ton mielies per jaar word boonop bedreig weens die verlies aan 400 000 ha topgehalte landbougrond in dié uiters vrugbare provinsie.

Die mielies wat wel verbou word, raak al hoe kleiner.

In ’n besoek dié week aan plase in Ermelo en ander dele van die provinsie het boere – sommige na aan trane – die vinger soos een man gewys na steenkoolmyne, wat soos paddastoele opspring waar boere sê geil mielielande eintlik behoort te staan.

Die steenkoolmyne floreer, want soveel staatsgrond lê braak en die besoedeling wat myne veroorsaak, bedreig bestaande landbouproduksie.

“Dit is vir ons die swart dood,” sê Jacob Middel oor die myne.

Middel, eienaar van die plaas Bethesda in die Ermelo-distrik en voormalige landbounavorser, vrees die myne gaan boere se grond eenvoudig insluk.

Hy staan op sy buurman se grond, Swartwater.

Sy buurman is die staat. Sy buurman se buurman is die staat. En dié se buurman is ook die staat.

Op Swartwater kan ’n mens skaars die ou mieliestokke uitmaak tussen die ruie kakiebos. Hier boer niemand nie.

Landbou is reeds onder erge druk: Sowat driekwart van die provinsie se grond bestaan uit plantasies en staatsgrond en ’n kwart is in die hande van wit kommersiële boere.

’n Informele kleurkaart in die Landbank-streekkantoor in Mpumalanga wys hoe steenkoolmyne die plase uit elke rigting bedreig.

’n Navorsingsverslag wat in opdrag van Graan SA opgestel is, het in Mei gewys meer as ’n kwart van Mpumalanga se goeie landbougrond is reeds weens mynbedrywighede verlore.

In dié verslag het die buro vir voedsel- en landboubeleid bevind landboubedrywighede is plek-plek nie meer volhoubaar op die lappies grond tussen al die mynkolle nie.

Ingevolge die proaktiewe grondaankopestrategie (Plas) van die nasionale departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming word grond by wit boere gekoop en dan vir vyf jaar aan opkomende boere of begunstigdes “geleen”.

Die begunstigdes verkies egter om nie te boer nie en tussen die mynkolle en die produktiewe kommersiële landbougrond lê derduisende hektaar braak.

In die Ermelo-streek alleen is dit meer as 27 000 ha.

Tog duur die soeke na steenkool onverhinderd voort.

Henry Geldenhuys, adjunkpresident van die landbou-organisasie TLUSA, is keelvol.

“Ons spook om die myne hier uit te kry. Dis baie maklik vir hulle om hier te prospekteer omdat soveel grond oop lê. Hulle boor, vat hulle goed en loop sonder om die gate te seël.”

Oorkant die pad van waar Geldenhuys staan, pryk een so ’n swart steenkoolkol op staatsgrond. In die skemer lyk dit of die koppie bloei. Naby lê nog ’n swart gat.

Dieselfde oggend het ’n boer by die TLU-kantoor op Ermelo kom kla sy koeie aborteer vanweë besoedelde water. Die Camden-kragstasie is daar naby.

Steenkoolstof in die lug veroorsaak ook dat fotosintese verminder en gewasse raak al hoe swakker, sê die verslag van Graan SA.

Volgens dié navorsing kan mieliestronke onder hierdie omstandighede met soveel as ’n kwart in grootte afneem.

As myne aanhou opskiet in Mpumalanga sal ’n geraamde 12% van die land se beste landbougrond in myne omskep word. Dit kan die mielieprys teen 2020 met sowat 14% laat styg.

Ook plaaswerkers sal moet padgee waar boerderye vou.

Danie du Plessis, streekverteenwoordiger van TLU SA, sê Suid-Afrika sal moet kies: Gaan ons steenkool ontgin om na China en Japan uit te voer of genoeg kos vir die land produseer?

Middel sê dis ’n oorlewingstryd.

“Ek veg teen die Amerikaanse regering wat hul boere ondersteun wanneer hulle swaarkry en die mielieprys wat in Chicago vasgestel word, raak mý.

“Nou moet ek nog teen my eie regering ook baklei, want as daar nie genoeg mielies geproduseer word nie, is dit die kommersiële boer se skuld,” sê Middel.

Agter sy sonbril skiet sy oë vol trane.

Du Plessis reken daar is nie vir boere soos Middel ’n motivering om aan te hou boer nie.

“As ’n myn ’n aanbod maak, verkoop die boer. Ons het ’n Erin Brockovich nodig,” sê hy.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 17-25°C Sunny. Mild. Pta: 5-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-18°C Sunny. Mild. Bfn: 2-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-22°C Morning clouds. Cool. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!