Myners gemartel in plan teen Juju

2012-09-09 01:06

Marikana-mynwerkers is gemartel vir inligting om te bewys Julius Malema het hulle aangehits tot die staking wat tot die dood van 34 stakers gelei het.

Kol. Nkosana (Killer) Ximba, ’n vertroueling van lt.genl. Richard Mdluli, die geskorste hoof van die polisie se misdaadintelligensiediens, het volgens bronne die inligting gebruik om aan sy ­base Malema se betrokkenheid te bewys.

Ximba word saam met Mdluli betrek by ’n moord- en ontvoeringsaak.

Twee amptelike bronne het onafhanklik van mekaar dié inligting bevestig.

Die bronne beweer die mynwerkers is uit hul selle geneem en gemartel deur ’n koverte span wat aan Ximba rapporteer en inligting vir die misdaadintelligensiediens insamel.

Die beweringe het gelei tot ’n dringende versoek dat die Staatsveiligheidsagentskap die kwessie verder ondersoek. Media24 se ondersoekspan het verneem die ondersoek kon nie die bewerings dat Malema die mynwerkers voor die bloedbad van 16?Augustus aangehits het, bevestig nie.

Die bewerings van marteling strook met die klagtes deur ongeveer 150 mynwerkers dat hulle tydens hul aanhouding geslaan en gemartel is.

Die twee bronne beweer verder Ximba en sy span is aangesê om die leiers van die Marikana-bloedbad te identifiseer, asook om die omvang van Malema se rol te bepaal.

Die bronne sê voorts die koverte span het verskeie aangehoudenes uit polisieselle waar hulle in Noordwes aangehou was, geneem.

Toe hy die afgelope week gekonfronteer is, het Ximba die bewerings verwerp en gesê: “Het jy my daar gesien? Gaan doen eers ’n ondersoek voor (jy) sulke twak praat.”

Hy het die onderhoud kortgeknip.

Media24 se ondersoekspan is ook meegedeel Ximba het aan sy hoofde gerapporteer dat Malema twee weke voor die bloedbad by die myn opgemerk is en dat hy ondersteuners uit Limpopo saamgebring het om die mynwerkers aan te hits.

Daar is geen onafhanklike bewyse wat dié bewerings staaf of kan bevestig dat Malema die mynwerkers aangehits het nie.

Moses Dlamini, ’n woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), die polisiewaghond, het gesê die direktoraat is nie bewus van die beweerde rol wat die eenheid van misdaadintelligensiediens gespeel het in marteling nie en het slagoffers aangemoedig om sulke sake aan te meld.

* Ximba was verlede jaar in die soeklig nadat hy saam met Mdluli en twee ander polisiemanne in hegtenis geneem is omdat hulle na bewering ’n inwoner van Vosloorus, Oupa ­Ramogibe, in 1999 vermoor het.

Mdluli het ’n verhouding gehad met Ramogibe se vrou en ook ’n kind by haar gehad. Mdluli was tydens die moord die speurhoof in Vosloorus en Ximba se baas.

Die mans was ook aangekla van poging tot moord, intimidasie, ontvoering, aanranding en sameswering om moord te pleeg.

Mdluli en Ximba is geskors uit die polisiediens.

Die klagtes teen hulle is in Februarie voorlopig teruggetrek hangende ’n geregtelike doodsondersoek. Volgens getuienis wat in dié ondersoek aangebied is, het Mdluli en Ximba na bewering saamgesweer om die moord te pleeg, asook ’n reeks ­ander misdade wat daarmee verband hou.

Sowel Mdluli as Ximba is weer aangestel nadat die klagtes teen hulle ­teruggetrek is. Mdluli is in Junie wéér geskors ná bewerings dat hy miljoene rande van die misdaadintelligensiefonds gesteel het.

Ximba het aangebly as groepbevelvoerder van die koverte inligtinginsamelingseenheid.

Nadat Mdluli in 2009 as hoof van misdaadintelligensie aangestel is, het hy Ximba in 2010 bevorder van konstabel tot kolonel. Hy het dus ses range in een dag oorgeslaan.

Hy is bevorder ten spyte daarvan dat daar ’n string hangende en afgehandelde sake teen hom is en was.

Malema het nie sy telefoon gister geantwoord nie, maar ’n woordvoerder van die Friends of the Youth ­League (FYL) het gesê dit is “onsin” dat hy sy ondersteuners laat aanry het om die mynwerkers aan te hits.

Die polisie en Staatsveiligheidsagentskap het nie gereageer op versoeke om kommentaar nie.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-16°C Rain showers. Decreasing cloudiness. Cool. Pta: 10-27°C High level clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 9-21°C High level clouds. Mild. Bfn: 4-19°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 18-22°C Passing showers. Mostly cloudy. Mild. PE: 11-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!