Myners se 'messias'

2012-08-20 05:57

Julius Malema, die uitgeskopte ANC-jeugleier, praat gister met honderde stakende mynwerkers en ander inwoners van die Nkaneng-nedersetting naby Lonmin se Marikana-myn. Hy het onder meer gesê pres. Jacob Zuma moet bedank en het ook die sakeleier Cyril

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Stakende mynwerkers wat so aggressief was dat nóg pres. Jacob Zuma nóg genl. Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, dit naby hulle gewaag het, het Julius Malema gister soos ’n messias ontvang.

Digby waar 34 werkers Donderdag in ’n bloedbad gesterf het, het Malema geëis dat Zuma bedank en aan die skare gesê: “Jul leiers het julle die rug toegekeer. Zuma is die vyand, want hy het nie na sy mense kom luister nie.”

Te midde van hoogspanning en dae ná die dodelikste polisie-optrede sedert die einde van apartheid het Malema eers die atmosfeer by die myn naby Rustenburg ontlont, maar toe mynwerkers oor die land heen aangehits om ook te staak.

Die werkers, wat onwettig oor lone staak, en die gesinne van slagoffers het gister nog gesteier ná die week se gebeure. Huilende vroue het by hospitale saamgedrom om te probeer vasstel of hul mans iewers aangehou word en of hulle in die slagting gesterf het (berig op bl. 4).

Rapport kan vandag onthul die polisie is laas jaar skriftelik beveel om selfs rubberkoeëls net as ’n “laaste uitweg” teen oproerige skares te gebruik. Donderdag is met skerp ammunisie losgebrand toe gewapende mynwerkers op hulle afgestorm het.

Die memorandum was daarop gemik om polisiegeweld te beperk ná die dood van Andries Tatane in ’n betoging in Ficks­burg in die Vrystaat in April 2011.

Waterkanonne moes eerder gebruik word.

Volgens dr. Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidstudies is daar egter net tien waterkanonne in Suid-Afrika.

Zuma het Vrydag ’n kommissie van ondersoek na die week se gebeure aangekondig, maar sal eers volgende week bekend maak wie in die kommissie sal dien en presies wat hul mandaat sal wees.

Zuma het glo Vrydag in ’n helikopter oor die myn gevlieg voordat hy die media by ’n konferensiesentrum, etlike kilometers van die slagveld af, toegespreek het.
Mac Maharaj, sy woordvoerder, het die president verdedig teen onder meer Malema se beskuldigings dat hy nie bereid was om met die mynwerkers self te vergader soos wat Malema gister gedoen het nie.

Volgens Maharaj is “die president nie in kompetisie met Malema nie” en is Malema se uitsprake irrelevant.

Dit is boonop volgens Maharaj nie die president se taak om “arbeidsdispute” te besleg nie.

Hy het wel “sy simpatie betuig en die gewondes in die hospitaal besoek”. By die myn het werkers en hul families gister nog gewag vir Zuma, wat volgens Maharaj in KwaZulu-Natal was vir die dag.

“Die mense is dood vir niks. Hoe kan Zuma bang wees vir sy eie mense? As hy nie kom nie, gaan ons nie vir hom stem nie,” het Mollie Moyo (29) naby die myn aan Rapport gesê.

Malema het sy bes gedoen om politieke munt uit die krisis te slaan. Hy het na Nathi Mthe­thwa, polisieminister, gekap en aangevoer die polisie het die myn beskerm omdat ­Cyril Ramaphosa, sakeman en ’n senior ANC-lid, belange het in Lonmin, eienaar van die platinummyn.

Ramaphosa se Shanduka-maatskappy het aandele in Lonmin deur Incwala Resources.

“Cyril sal ’n buffel op ’n veiling koop vir R18 miljoen, maar hy weier om julle die R12 500-verhoging te gee. Ons wil nie daardie soort leier hê nie. Moet nooit oorgee nie, moet nooit terugstaan nie. Selfs al kyk jy die dood in die oë,” het Malema gesê.

Die Shanduka-groep van Ramaphosa het gister R2 miljoen bygedra tot die begrafniskoste van die afgestorwe stakers.

’n Verslaggewer van CNN, Nkepile Mabuse, het gistermiddag getwiet sy wou in ’n direkte onderhoud met Malema praat voordat hy die myners toegespreek het, maar dat sy lyfwag haar in die gesig geklap het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 6-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 6-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-27°C Sunny. Warm. PE: 13-23°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.