NGV kan mediese dienste knak

2009-10-31 23:19

’n Onhanteerbare las op ons gesondheidsdienste.

Dis wat op ons wag as die ANC sy voorgestelde plan vir die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) – of gratis gesondheidsorg aan alle Suid-Afrikaners – gaan deurvoer.

In ’n reeks navorsingsverslae wat die maatskappy Econex van Stellenbosch saamgestel het in opdrag van die Hospitaalvereniging van Suid-Afrika (Hasa) – wat onder meer uit die Medi-Clinic-, Life- en Netcare-groep bestaan – meen dié maatskappy se ekonome dié plan gaan lei tot ’n verhoogde vraag na mediese dienste, spesifiek dié van dokters en spesialiste.

Dr. Nicola Theron van Econex wys op die toename wat daar in Amerika was toe ’n deel van die bevolking gratis mediese versekering gekry het met geen bybetalings nie.

“Die groep wat geen bybetalings gemaak het nie, het ’n dokter gemiddeld 4,55 keer per jaar besoek, in vergelyking met slegs 2,73 besoeke deur dié wat ’n 95%-bybetaling moes doen. Dit dui daarop dat die vraag gestimuleer kan word deur gesondheidsversekering aan almal te gee.

“En dit kan opwaartse druk plaas op die algehele besteding aan gesondheidsdienste.”

Sy sê daar is nog bitter min besonderhede oor die administratiewe eise en kompleksiteit wat so ’n plan van die staat gaan vereis.

Luidens die Econex-verslae gaan Suid-Afrika, met sy gebrek aan kundigheid, sukkel om die plan binne vyf jaar ingestel te kry. In party ontwikkelde lande het dit 20 jaar geduur om so ’n plan te vestig.

“As die NGV, soos voorgestel, beoog om dienste beskikbaar te stel volgens behoefte, pleks van die vermoë om te betaal, is al oplossing om so ’n versekering aan die gang te hou grootskaalse kruissubsidiëring deur individue wat kán betaal vir gesondheidsorg, teenoor dié wat dit nie kan bekostig nie.”

Dít gaan ’n geweldige bykomende geldelike las op betalende werkgewers en werknemers, persoonlike belasting en staatsfinansiering plaas.

Nie-betalers gaan hul neuse begin optrek vir swakker verplegingsdienste en op dieselfde gehalte van diens aandring as die rykes in die samelewing – dus nie klinieksusters nie, maar dokters en spesialiste. Ook nie enige dokter nie – wel private dokters, teenoor openbare klinieke.

Luidens die verslae is die algemene ontevredenheid met ons openbare gesondheidsorg reeds so groot dat selfs die armstes van die armes sê hulle bly liewer siek as om van ’n openbare kliniek gebruik te maak. Daarby maak selfs lae inkomstegroepe alreeds van private sorg gebruik.

- Rapport

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

louis.heydenrych sê... Vrygelaat op parool omdat hulle swart is . Die Boeremag lede is al agt jaar in die tronk en die saak is nog steeds nie afgehandel nie omrede daar nie genoegsame bewyse is nie . Het geen moord gepleeg nie maar word aangehou en mens kan verstaan hoekom hulle probeer ontsnap . Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SQL Developer

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R500000

Senior SQL Developer

Sandton, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R500000

Database Administrator

Pretoria, South Africa
Reel Recruit
R350000 - R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TDi Sportline Dsl
2006
R 195,995.00

TOYOTA

RAV4 2.0 4x4 5-dr MY00
1997
R 75,500.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2005
R 99,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.