Ná lang wag, gesmeek teken ‘Leo die diva’ tog

2010-07-10 23:35

Clayton Morar, joernalis en selferkende celeb-jagter, het ná heelwat gesukkel ’n handtekening van Leonardo DiCaprio gekry. Foto: Nasief Manie

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Carryn-Ann Nel in Kaapstad

In Titanic het Leonardo DiCaprio (36) die tieners en tannies se harte gesteel. Maar in die werklike lewe is hierdie Hollywood-akteur glo ’n egte diva wat níks met die publiek te doen wil hê nie.

DiCaprio was die laaste ruk in die land vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi, maar het ’n lae profiel gehandhaaf. Selfs by sy aankoms in Johannesburg het sy lyfwagte letterlik om hom ge­stap om te vermy dat aanhangers en die media foto’s van hom neem.

Dit het Clayton Morar, ’n Kaapse joernalis, handtekening- en self-erkende celeb-jagter, egter nie gekeer om DiCaprio se handtekening te kry nie.

Morar versamel sedert sy tienerjare handtekeninge van be­ken­des van oor die wêreld heen in die hoop om sy naam in die Guiness World Records te kry. Van Moeder Teresa tot Mariah Carey het hul name al in sy boekie verewig. DiCaprio se handtekening was sy 5095ste.

Morar vertel hy was verlede naweek by ’n partytjie van Sol Kerz­ner se spoghotel, The One&Only-hotel, in Kaapstad.

Dit het gewemel van plaaslike sterre soos Lee-Ann Liebenberg en haar verloofde, Nicky van der Walt, Janez Vermeiren en Gina Athans.

“Ek het ’n voëltjie hoor fluit dat Leo en Paris Hilton die aand daar sou wees,” sê Morar.

Teen 20:00 het DiCaprio en “’n stuk of sewe mans” by een van die restaurante opgedaag.

“Mense het skielik opgewonde geraak en wou naby hom wees. As hy gaan rook het, het almal sommer gaan rook.”

Niemand kon egter ’n foto van die Titanic-held – geklee in ’n denimbroek, T-hemp, baadjie, tekkies en ’n pet oor sy oë – kry nie.

“Die lyfwagte het mense stip dopgehou om enige foto’s te keer. Jy mag nie eens jou selfoon gebruik het nie. Hulle het selfs flitsligte in kameras se rigting gedruk om te keer dat foto’s van Leo geneem word.”

Die rock-ster Mick Jagger het later opgedaag en ’n tafel met DiCaprio en ander gedeel.

Al Morar se pogings om naby DiCaprio te kom is deur ’n stewige lyfwag gestuit.

“Ek respekteer bekendes se reg op privaatheid, maar ek voel ook hulle moet erkenning aan hul ondersteuners gee. Daar is niks fout om vir ’n foto te glimlag of ’n handtekening uit te deel nie. Hy is in Suid-Afrika en sy aanhangers wil hom sien.”

Ná ’n paar uur se wag het Morar by ’n lyfwag, ene Jason, gepleit.

“Jason het my my naam gevra en ek het ’n skoon papier en pen gegee. Hy het toe met die handtekening teruggekom en gesê ek moenie eens dink dat ek ’n foto gaan kry nie…”

- ’n Handtekening van DiCaprio word vir sowat R1 300 op ebay.com verkoop.
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2007
R 279,990.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.