Nádine sing in Chinees

2012-08-18 23:49

Nádine onlangs op die verhoog in China.| Foto: King Entertainment

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Voorheen was die pad wat sy die beste geken het die een na haar naaste Wimpy, sê die sangeres ­Nádine.

Deesdae is dié roete die een na die naaste Chinese ambassade.

Nádine het in Junie ses konserte in China gehou, waarna sy teruggevra is vir nóg twee konserte in Julie en Augustus.

Sy het nou voor gehore van tot 5 000 mense opgetree.

Die Chinese was so beïndruk deur die sangeres van treffers soos This Time I Know en I Will Be Strong dat hulle haar vir nóg 16 konserte voor Kersfees bespreek het.

“Ek sal seker nog so drie keer China toe gaan voor die einde van die jaar.”

Nádine sê die Chinese gehore raak baie opgewonde wanneer hulle liedjies hoor waarin sy hoë note sing. “Verder dink ek hulle hou van my soort musiek en my musiekstyl.”

Nádine sê sy doen baie moeite om die Chinese kultuur te verstaan en te respekteer.

Sy het selfs ’n liedjie in Mandaryn-Chinees geleer wat deel uitmaak van haar repertoire in China.

Nádine sê haar eerste optredes was baie stresvol, juis omdat sy geen verwysing na boerewors of rugby kan maak nie.

“Toe praat ek maar oor hul musiek en hul land.”

Sy het ook die omslag van haar album This Time I Know in Chinees laat druk en daar uitgereik.

“Die meeste Chinese praat nie eintlik Engels nie, so ek probeer met ’n paar Chinese woorde kommunikeer en verder gebruik ons ’n tolk.”

Sy werk tans aan ’n splinter­­nuwe album.

“My prioriteit is nou om vir my eie mense iets te gee, so die Suid-Afrikaners sien en hoor die album voor die res van die wêreld.”

Haar Kaapse toer begin op 25 Augustus in Wellington.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Rieks Wilson sê... Vir die afduime kan ek maar net se, ek praat uit ondervinding. Ek was daar so 'n paar jaar terug. G'n verskil! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.