‘Nee, nie my kind!’

2013-01-05 23:22

George en Marilize Terblanche en hul drie kinders, Ruan, Erica (toe 9 maande) en Monique, van Riebeeckstad by Welkom. Dié foto is ses maande gelede geneem.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

“George, ek het my kind omgery.”

Dié ses woorde van sy vrou het George Terblanche (33) se ­lewe Woensdagoggend tot stilstand geruk.

Hy het sy vrou, Marilize (26), histeries in die gang van hul huis gekry.

’n Oomblik lank was hy lam geskrik en toe hardloop hy... in die gang af, deur die sitkamer, in die aangeboude motorhuis in waar Marilize se BMW 320 halfpad buite gestaan het.

Hul 15 maande oue baba, Erica, se lewelose lyfie het voor die motor op die grond gelê.

“Sy het geen pols gehad nie. Toe skreeu ek net: ‘Nee, nee, nie my kind nie!’” het George gister gebroke vertel van die ongeluk wat die jongste van sy drie kinders geëis het.

“Marilize het Erica opgetel, op die grond gaan sit, haar vasgedruk en net gehuil,” sê George.

Die huis in Riebeeckstad by Welkom waar hulle twee maande gelede ingetrek het, is nou stil. Marilize is met hul twee ouer kinders, Monique (8) en Ruan (4), na George se ouers in Welkom toe.

Sy weier om terug te kom.

Sy wil ook die motor nie weer sien nie.

Hulle het dit weggevat.

Marilize praat nie, sy huil net.

Eergisteraand het George haar vasgedruk en gesê hy is lief vir haar.

Toe sê sy: “George, ek is baie jammer.”

Dis al wat sy nog oor die voorval vir hom kon sê. Hulle het haar al na ’n sielkundige toe gevat, maar sy is gebroke.

Monique het Woensdag verjaar. Marilize was op pad na haar werk by Coca-Cola.

George, ’n dieselwerktuigkundige by ’n goudmyn, het in die bed gelê toe sy kom groet.

Hy het die kinders in die huis hoor babbel.

Hy het opgestaan om sy gesig te was en sy tande te borsel toe hy Marilize hoor vertrek.

“Ons vermoed Erica het agter Marilize aangestap na die motorhuis toe. Sy het net voor Kersfees eers begin loop en kon nog net klein entjies stap. Sy moes haar ma gevolg het toe sy om haar motor stap en was agter die voertuig toe Marilize haar omgery het,” sê George.

“Dit was net ’n ongeluk, maar dit het ons lewe vir altyd verander. Dit is vir ons almal bitter seer. Al wat ons nou kan doen, is om elke dag te vat soos dit kom. Met die Here se genade en bystand van vriende en familie maak ons dit nog elke dag,” sê hy.

George en Ruan verjaar vandag. Gister het hulle vir Ruan ’n partytjie gehou. “Ons moet vir die kinders wys die lewe gaan aan,” sê George.

George en Marilize het hul huweliksherdenking op 1 Januarie gevier.

Erica word Vrydag in Welkom begrawe.

Oud-boksheld onthou dié dag

Hy het yskoud geword toe hy lees van klein Erica Terblanche se dood, sê Kallie Knoetze (60).

“Ek het dadelik vir my vrou en vriende gesê: ‘Kyk hier, dit het met my gebeur, maar hierdie is erger. Die baba is dood. My Nuan leef nog’.”

Knoetze het in November per ongeluk met sy dubbelkajuit-bakkie oor sy vierjarige kleinseun, Nuan, gery. Nuan het die ongeluk wonderbaarlik oorleef met net ’n gebreekte heup.

“Die arme mense se baba is dood. Ek verstaan waardeur hulle gaan. Maar hulle is nie alleen nie. Daar is duisende Christene wat saam met hulle bid. Ek bid saam,” sê hy.

“Om ’n fietsryer (met verwysing na die dood van Burry Stander) dood te ry is net so erg. Wat is aan die gebeur?”

Nuan is stukke beter. “Hy lag weer en hardloop rond.”



Lewer kommentaar op hierdie artikel
25 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 9-16°C Mostly cloudy. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-21°C Morning clouds. Cool. PE: 9-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Accountant

Midrand
Communicate Cape Town IT
R600000 - R700000

Costing Manager

Midrand
Communicate Cape Town IT
R450000 - R500000

Senior Actuarial Specialist

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.