‘Neelsie’ nou mooi groot

2012-11-17 23:28

Sy stem het dieper geword, hy het aansienlik lyf gekry en die hare is minder.

Maar Eugene Martin (27) se stout ogies is nog presies dieselfde as dié van die 7-jarige Neelsie wat hy in die 1980’s in Orkney snork nie gespeel het.

Dié gewilde reeks word nou weer op kykNET uitgesaai, wat Rapport genoop het om te gaan kyk wat van Neelsie geword het.



(Eugene Martin soos hy vandag lyk| Foto: Nelius Rademan)

Eugene werk by ’n finansiële instelling in Johannesburg waar hy huislenings behartig. Aanvanklik was hy maar skaam toe ons gepraat het oor sy dae as kinderster, maar toe die kamera flits, het hy met dramatiese poserings na vore gekom.

Eugene erken as hy nou na die heruitsendings kyk, kan hy nie glo sy stem was so hoog nie.

Hy onthou sy oudisie soos gister. Willie Esterhuizen het by skole in Johannesburg gaan soek na ’n bruin seuntjie om Maggie (Annette Engelbrecht) en Hendrik van Tonder (Zack du Plessis) se aangenome kind te speel.

Die 7-jarige Eugene moes skree: “Cowabanga, dudes!” Hy het stof in die oë van 128 kinders geskop.

“Ek was ’n gruwelike kind. Toe Willie sê ek het die rol gekry, het ek nie geweet waaroor dit gaan nie.

“Willie wou my huis toe neem, maar ek’t gesê my ma het gesê ek mag nie met vreemde mense huis toe gaan nie.”

Eugene het besluit om huis toe te hardloop met Willie en sy TV-span wat agterna ry.

“Toe ek by die huis kom, het ek vir my ma gesê hier is ’n oom buite wat my nie wil uitlos nie. My ma het die besemstok gegryp en buitetoe gegaan om met Willie te praat. Sy het ingekom en gesê alles is oukei.”

Toe word hy ’n ster en mense herken hom op straat as Neelsie.



(Die klein Eugene Martin saam met Annette Engelbrecht, Bernice du Plessis en Zack du Plessis.)

Maar dit was nie net mane­skyn en rosegeur nie. Dit was voor 1994, Nelson Mandela was nog in die tronk en Suid-Afrika was in ’n erge rassestorm. Toe die bruin Neelsie tussen al die wit mense op Orkney snork nie verskyn, het baie kykers gekla, briewe geskryf en gedreig om die TV-reeks te boikot.

Eugene onthou dat hy die briewe gelees het. “Ek het net vir die koerante gesê ek worry my glad nie oor kleur nie. Ek geniet dit om ’n akteur te wees en mense te vermaak.”

Ná Orkney snork nie was hy in twee rolprente wat op die reeks geskoei is, waarna sy kontrak tot ’n einde gekom het.

Eugene het glad nie weer voor ’n TV-kamera of selfs op die verhoog verskyn nie. Sy skoolloopbaan, sê hy, was vir hom in daardie stadium belangrik.

Hy woon steeds by sy ma in Eldoradopark, in die suide van Johannesburg.

En hy sal nie omgee om ’n rolletjie in ’n sepie of ’n reeks los te slaan nie. Dit maak nie regtig saak watter rol nie, want: “Ek wil net mense laat lag. Ek doen dit vandag nog.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Group Accountant

East Rand
Communicate Cape Town IT
Market Related

Group Accountant

East Rand
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.