Nel ‘skuld R300 000 vir kinders’

2012-08-18 23:49

Gert Vlok Nel by die Oppikoppi-musiekfees verlede naweek. | Foto: Alet Pretorius

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Twee vroue wil die sanger-digter Gert Vlok Nel dwing om geldelik pa te staan vir sy twee kinders.

Een van die vroue, wat sowat ’n jaar lank met hom getroud was en wie se kind 13 jaar oud is, oorweeg verskillende regsopsies nadat sy ­jare gelede al ’n onderhoudsbevel gekry het.

Die ander vrou, wat vyf jaar lank in ’n verhouding met hom was en wie se kind ses jaar oud is, het nou met ’n aansoek in die onderhoudshof begin.

Die vroue se name word om regsredes weerhou.

Nel het 14 jaar gelede ’n album uitgereik en van sy gedigte is in ’n digbundel gepubliseer.

Sy tweede album, onherroeplik, is verlede naweek by die Oppikoppi-fees in Limpopo bekend gestel.

Volgens Carel Hoffmann, sy bestuurder, is al die CD’s wat dáár beskikbaar was, verkoop.

Die platemaatskappy V2 Benelux het Vrydag uit Nederland bevestig hulle gaan ’n album van Nel uitreik en dat daar ook ’n bekendstellingstoer sal wees.

Volgens Hoffmann het sy maatskappy, Hilltop Live, verlede jaar by Nel se loopbaan betrokke geraak om hom geldelik te help.

Nel leef nie die gemiddelde middelklas-leefstyl nie, sê Hoffmann.

“Hy lewe van dag tot dag, hy jaag nie geld na nie, geld het nie vir hom ’n waarde nie.”

Hoffmann sê Nel was bereid om 40% van sy deel van die wins in Suid-Afrika na die vroue te laat gaan. Hilltop Live se koste moet egter eers gedelg word.

Die vroue het die aanbod verwerp. Hulle het op Facebook geskryf hulle het nie toegang tot inligting oor die koste nie en dat die voorgestelde ooreenkoms behels het hulle mag nie met die media praat nie.

Nel skuld die een vrou glo meer as R200 000 aan onderhoud en die ander R100 000.

Die vrou met wie hy getroud was, sê hy het vir een maand onderhoud betaal.

Ná die bevel jare gelede het die balju op enkele besittings beslag gelê, maar sy het uiteindelik net R80 ontvang.

Die ander vrou sê Nel het onderhoud betaal tot ’n paar maande nadat hul verhouding verbrokkel het.

’n Skikkingsooreenkoms sowat twee jaar gelede tussen Nel en die vroue het volgens hulle geen betalings tot gevolg gehad nie.

Albei vroue sê Nel het nie kontak met sy kinders nie.

***

Kenners is dit eens die proses om ’n onderhoudsbevel te kry is baie frustrerend.

Shamika Dwarika, ’n prokureur van die Tshwaranang Legal Advocacy Centre, sê die onderhoudswet is goed, maar nie die toepassing daarvan nie.

Baie howe het nie die vermoë om sake te hanteer nie en daar is selfs howe met geen onderhouds­onder­soekers nie.

Aansoekers, wat meestal vroue is, moet telkemale teruggaan hof toe.

’n Maatskaplike werker, wat anoniem wou bly, weet van ’n vrou wat oor vier jaar 33 keer na ’n Gautengse onderhoudshof moes teruggaan.

“Daar is hartverskeurende verhale. Hoe kan iemand soos ’n huiswerker 33 keer af vra om hof toe te gaan?

“Die grootste probleem is met die ondersoekers. Hulle is nie bekwaam genoeg nie.”

Die maatskaplike werker sê werkgewers steur hulle nie noodwendig aan ’n onderhoudsbevel om geld by ’n werknemer af te trek nie.

Irma Schutte, ’n maatskaplike werker van Pretoria, sê met bemiddeling word meestal meer sukses behaal as met ’n proses deur die onderhoudshof.

’n Wanbetaler kan deur ’n kinderhof beveel word om vir finansiële bemiddeling te gaan.

In die Wes-Kaap het die departement van justisie en die polisie verlede jaar as deel van ’n jaarlikse veldtog 640 uit 890 beweerde wanbetalers in hegtenis geneem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Huldah Eloff Van Wyk sê... Die aaklike borde is reusagtig groot.Die borde self is 5 meters breed, en omtrent 4 en n halwe meters hoog! Die 6 ankerpale is 3 meters na agter en na voor. Dit staan voor mooi ou bouvallige huisies en n historiese kerk in Pienaarsig. Die laning Peerbome by die ingang is nou ontsier. All hierdie plekke word gereeld gefotografeer. Toeriste het ook al klagtes ingedien hieroor.Hierdie borde moet asseblief verwyder word. (Voorsitster van die Uilhuisstigting) Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Actuarial Specialist

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town IT
Market Related

Senior Management Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R550000 - R600000

Cost Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R380000 - R400000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.