Nes van bedrog

2013-02-02 23:26

Daar is glo gekonkel met die bou van die ENB-stadion, Kaapstad-stadion, die Coega-ontwikkelingsprojek en die Gautrein.

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Leiers in die boubedryf het meer as ’n dekade lank saamgespan om staats- en ander kontrakte ter waarde van miljarde rande te manipuleer.

Dié gekonkel het die koste van die kroonjuwele in Suid-Afrika se infrastruktuur – insluitende twee stadions vir 2010 se Wêreldbeker-sokkertoernooi – op ’n kunsmatige en bedrieglike manier nog verder opgestoot.

Bewyse hiervan het aan die lig gekom in ’n grootskaalse bedrog-ondersoek van die polisie en die nasionale vervolgingsgesag (NVG).

Van die boubedryf se bekende uitvoerende hoofde erken in beëdigde verklarings hulle was aandadig aan bedrog, korrupsie en onwettige sakepraktyke.

Die verklarings is in Rapport se besit.

Rapport onthul vandag eksklusief besonderhede van geheime vergaderings waar dié sakebase oor die toekenning van multimiljoenrand-kontrakte en -tenders gekonkel en saamgesweer het.

Die base het ooreengekom wie watter kontrak moes kry, “tender-koste” aan mekaar betaal en sogenaamde “fop-tenders” ingedien om die indruk te wek dat hulle met mekaar meeding in die proses.

Besonderhede van die bedrogspul word onthul in minstens 11 beëdigde verklarings wat deur uitvoerende amptenare van Stefanutti Stocks, een van Suid-Afrika se grootste boumaatskappye, aan die Valke se eenheid teen ernstige ekonomiese misdaad en die NVG afgelê is.

Die verklarings is ook oorhandig aan die Mededingingskommissie, wat ’n gekonkel met tenders ter waarde van R30 miljard ondersoek. Dit is die kommissie se grootste ondersoek tot nog toe en sluit 20 maatskappye en 300 projekte in.

In die beëdigde verklarings word beweer dat daar grootskaalse konkelry was met projekte soos die ENB-stadion (Soccer ­City) in Johannesburg, die Coega-projek in die Oos-Kaap, die Kaapstad-stadion, die Nelson Mandela-brug in Johannesburg, die Gautrein en vele ander.

Die uitvoerende amptenare hoop om vervolging vry te spring deur met die polisie saam te werk.

Nog net een baas het tot dusver vrywaring gekry.

Rapport is ook in besit van ’n beëdigde verklaring van kapt. James Hills van die Valke waarin hy sê daar is bewyse van misdadige optrede waarby die land se vyf voorste boumaatskappye – Murray & Roberts, Group Five, WBHO, ­Basil Read en Aveng – betrokke is.

Onder die voorste sakeleiers wat betrek word in die verklarings, is:

* Duncan Barry, ’n besturende direkteur by WBHO;

* Richard Saxby, die voormalige hoof van die Stocks & Stocks- siviele ingenieursmaatskappy en besturende direkteur by Murray & Roberts;

* John Willmott, voormalige groep- besturende direkteur van Concor en voormalige uitvoerende direkteur by Group Five;

* Mike Wylie, uitvoerende hoof van WBHO; en

* Trevor Robinson, voormalige direkteur by Concor.

Bykomende dokumente toon ook aan hoe die sakehoofde “dekpryse” (cover prices), “fop-tenders” en weggesteekte “tenderpryse” gebruik.

Die Valke is sedert Oktober 2011 besig om korrupsie en bedrog in die boubedryf te ondersoek. Rapport verneem dit kan tot die vervolging van top-sakelui lei.

Willem Meyburgh, die uitvoerende hoof van Stefanutti wat verlede jaar meer as R500 000 per maand verdien het, het in sy beëdigde verklaring die sluier gelig oor geheime vergaderings waar boukontrakte en -tenders bekonkel is.

Schalk Ackerman, ’n uitvoerende direkteur van Stefanutti wat volgens ­Businessweek verlede jaar R435 000 per maand verdien het, het in sy verklaring erken dat hy ’n “koördineerder” van die geheime vergaderings was.
“Die deelnemers het op die vergaderings tot ’n vergelyk gekom oor watter maatskappy ’n betrokke tender sou ontvang,” bieg Ackerman.

“’n Skedule van projektoekennings is gehou, gegrond op die vermeende markaandeel.”

Hy het die name van al die ander uitvoerende amptenare van groot boumaatskappye wat die geheime vergaderings bygewoon het en besluit het wie wat sou kry, genoem.

Ackerman, wat die besturende direkteur was van Grinaker-LTA (nou deel van Aveng) in die laat 1990’s en ná 2000 toe die sameswering ’n hoogtepunt bereik het, het die name van 23 maatskappye genoem met wie sy maatskappy saamgewerk het om kontrakte en tenders vas te stel.

Hy het ook 68 gevalle genoem waartydens geld aan Grinaker-LTA geskuld is of deur hulle aan ander maatskappye vir die pryssamespanning betaal is.

“Die toekenningstelsel was standaardpraktyk in die bedryf en het baie, baie lank bestaan. Dit was deel van ’n uitvoerende amptenaar se werk,” het Ackerman gesê.

“Kliënte is mislei en bedrieg,” het Casper Steenkamp, Stefanutti se Midde-Oosterse hoof wat ook vrywaring van bedrog- en korrupsieklagtes wil hê, gesê.

Die Mededingingskommissie beoog om die ondersoek teen die einde van 2013 af te handel.

Die erkennings deur Stefanutti se uitvoerende amptenare is die eerste bewyse van die omvang van die beweerde gekonkel.

Die polisie het die ondersoek na tenderbedrog begin nadat Ackerman die nasionale vervolgingsgesag se aanklaer, adv. Glynnis Breytenbach, genader het en ’n beëdigde verklaring oor sy betrokkenheid afgelê het.

Ackerman sê in sy verklaring hy is deur prokureurs gewaarsku dat hy strafregtelik vervolg kan word.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
63 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Weer
Ksd: 14-18°C More sun than clouds. Mild. Pta: 13-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 12-22°C Morning clouds. Mild. Bfn: 14-26°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 17-27°C More sun than clouds. Warm. PE: 14-21°C Numerous showers. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!