Net in die gedrukte uitgawe
2012-09-22 23:14
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Wat presies is die belastinggaarder se skietgoed teen Julius Malema. Rapport onthul die besonderhede van die SA Inkomstediens se saak teen hom.
Ao. Peet du Toit, die man wat die Sondagverkragter, Jaco Steyn, vasgetrek het, gesels met ons oor die speurwerk wat dit geverg het om ’n monster agter tralies te kry.
Ons vertel die aangrypende verhaal van vyf San-mans wat die lewe van ’n Namibiese toeris gered het deur in ’n veldbrand rondom haar te gaan staan en die vlamme met hul eie lywe weg te keer. Drie van hulle het met hul lewens vir dié heldedaad geboet.
In die jongste verwikkelinge rondom die moord op die Steenkamp-gesin van Griekwastad, vertel die jong verdagte se skoolhoof hoe dié seun se gedrag onverwags verander het ná die moorde.
En ons kuier op die Kaapse Vlakte by Suid-Afrika se eerste grootmeester in skaak.