Nou soek die hele land na Marius se maatjie

2012-08-26 00:06

Maureen Engelbrecht

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's


“Soekloop was nog nooit maklik nie, maar gistergoed moet ook weer vandaggoed word sodat mens kan sien of jou pad die regte pad is. Daarom loop ek gereeld op paadjies nog nooit geloop, alleen,” sê Marius Strauss.

Marius se soektog na sy eertydse ­laerskoolmaatjie van Nababeep, Maureen Engelbrecht, het Suid-Afrika die afgelope week aan die gons gehad.

Dermate dat Strauss 7 000 e-posse, 12 300 kennisgewings en 1 120 vriendskapversoeke op sy Facebook-blad gekry het.
­
Hy het selfs ’n paar huweliksaanbiedinge gekry en sommige hoop hy en Maureen sal afhaak wanneer hy haar vind. Die huidige mev. Strauss is egter nie hiervoor te vinde nie.

“Ek is ’n gelukkig getroude man met die mooiste vrou op aarde. Sy kyk so mooi na my en soms wonder ek of ek haar genoeg waardeer,” sê hy.

“Ek soek nie na Maureen om enige ander rede nie as om net te weet hoe dit met haar gaan en om te weet waar die lewenspaaie met haar reis heen gelei het.”

Sy vrou help soek, maar wil uit die openbare oog bly.

Die storie uit die hartjie van Namakwaland en die Kalahari oor Marius wat na Maureen soek, het lesers die afgelope week so aangegryp dat sommige op Facebook geskryf het hulle wil nie hul rekenaars verlaat nie vir ingeval hulle iets mis.

En Strauss is op sy e-pos en op Facebook oorval.

“Daar was selfs ’n paar huweliksaanbiedinge, mense wat my boeke wil koop wat ek nie het nie en drie groepe vroue wat wil hê ek moet hulle kom toespreek. Oor wát, dié weet ek nie,” het ’n verleë Strauss die afgelope week gesê.

Hy het vroeg die afgelope week nog gereeld met aanhangers op sosiale media gesels.

Namate sy “rekenaarmasjien” onder die gewig van duisende versoeke en hulpverlenende e-posse begin kreun het, het hy besluit om eerder laataand stil-stil die wye webwêreld aan te durf.

Volgens Strauss soek mense op die sosiale netwerk van so ver as Kanada, Australië, Skotland, Engeland en Nieu-Seeland saam.

Helaas nog geen teken van Maureen nie.

Op eie bodem het Marius en Rapport skole op Upington genader om hul leerlingregisters na te gaan. Een vae leidraad het in ’n doodloopstraat geëindig.

Ou laerskoolmaats van Marius en Maureen het ook hul hulp aangebied deur onder meer genealogie-rekords na te spoor met die minimum inligting wat ’n agterkleinneef van Maureen, Sakkie Engelbrecht van Limpopo, kon verskaf.

Engelbrecht is self op soek na sy niggie. “Asseblief, as julle haar kry, laat my weet,” was sy versoek aan Rapport.

Engelbrecht sê sy ma, wat dalk sou kon help, is drie jaar gelede oorlede.

Sy verswakte pa wat in die Kaap woon, kan nie meer onthou nie.

Johannes Strauss, ook voorheen van Nababeep, vertel: “Dat dit regtig die land aan die praat het, is so. Was Dinsdag en Woensdag by ’n konferensie in die Middelburg/Witbank-gebied en hier hoor ek twee van die dames sit die ding en bespreek. Die enetjie het sommer trane in haar oë gekry.”

Oor dié reaksie sê Marius: “Die mooi in hierdie hele sage is dat mense liefde en vrede soek.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
27 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Pieter Jordaan sê... Shocked to the core! RIP Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 8-15°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 9-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.