'Nou wil ek lewe!'

2012-08-13 11:25

Lindie Stander het onlangs behandeling ontvang vir depressie en alkoholmisbruik. Sy kuier tans in Melkbosstrand by haar ma, haar berg en haar branders.| Foto: Nasief Manie

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Lindie Stander (36) het in die rehabilitasiesentrum aan baie mense briewe geskryf. Ook aan haar pa.

Sy was net vyf toe hy selfmoord gepleeg het.

“Ek word wakker op die bank. Daar is blou en rooi ligte wat op die mure dans,” skryf sy.

“Daar’s baie geraas. Ek dink Mamma skree Pappa se naam. Hulle breek die deur oop en ek hardloop onder almal deur. Pappa hang aan ’n tou.

“Tot vandag toe het ek nog nooit vir hom kwaad geword daaroor nie,” sê sy waar sy by haar ma, Linda Louw, in Melkbosstrand kuier.

Die afgelope jaar het sy drie keer probeer om selfmoord te pleeg, want sy “wou en kon net nie meer aangaan nie”.

“Dit was nie om aandag te trek nie. Met die laaste poging het die hospitaalpersoneel my letterlik in ’n hok gehou, want ek het vir hulle gesê as ek die kans kry, maak ek die job klaar.”

Maar die Lindie wat nou praat, is vol lewenslus en glo sy is toegerus vir die toekoms.

“Ek wil nou lééf. Ek weet die Here is lief vir my. Ek is klaar met alkohol. Ek het selfs ’n afskeidsbrief aan drank geskryf.”

Haar eie stryd rus haar toe om ander mense met bipolêre gemoedsteurnis te help, nadat sy self ’n tyd lank die verkeerde medikasie gebruik het.

Dié kwaal, waarsku sy, raak nie net mense wie se kinderjare so rof was soos hare nie.

Toe sy sewe was, is sy twee jaar lank gemolesteer, sê sy, en sluk die trane terug.

“Dit was ’n familielid aan my stiefpa se kant. Ek was ’n regte rabbedoe en wou saam met die seuns speel. Hy het voorwerpe in my opgedruk en gesê as ek iemand daarvan vertel, mag ek nie weer saam met hulle speel nie.

“Agterna het ek my bloedbevlekte onderklere begrawe, want ek was te bang iemand kry dit.”

Dit was vuil en seer. Toe sy op 21 die moed het om haar ma te vertel, het sy haar nie geglo nie. “Ek dink sy kón nie, dit was vir haar te erg.”

Die nare keerpunt vanjaar was die storielyn in die hospitaaldrama Binneland.

Haar karakter, Elise, is ook as kind gemolesteer. Ook háár ma wou haar nie glo nie.

“Ek het ingestem om dit te doen. Maar ek het nooit besef dit gaan my so erg terugneem na my eie kinderjare nie. Ek moes elke dag die vernedering en die skuldgevoelens beleef en herleef.”

Toe die storielyn klaarmaak, was sy gebreek. Sy sou nie opgee tot sy dood is nie.

’n Mislukte selfmoordpoging was toe reeds agter haar. Die kabel waarmee sy haar wou ophang, het gebreek, toe val sy haar “des moers”.

Toe sluk sy ’n oordosis pille.

“Ek het was net ’n dag afwesig van die werk, want ek het die drup uitgetrek en myself ontslaan.”

Sy het vir terapie gegaan, begin oefen, gesond geleef. Ná ’n maand het alles ingegee. Die finale trigger was ’n mislukte verhouding.

“Ek het twee dae lank in die bed gebly. Toe drink ek ’n bottel wyn uit om alles te verdoof. Die kar het in die garage gestaan, met die pyp reeds aan die uitlaatstelsel gekoppel.”

Met ’n mes uit die laai het sy haar linkerarm tot op die been oopgekloof.

Haar “redding” was onverwags; sy het nie geweet haar huismaat is daar nie. Dié het ’n ambulans ontbied.

Elsje Stark, vervaardiger van Binneland, het “met deernis” kom sê hulle sal haar moet laat gaan. Sy het sewe jaar lank die rol van Elise vertolk.

“Ek kan verstaan hulle moes dit doen. Hulle kan nie elke keer die draaiboek oorskryf as ek iets aanvang nie.”

Nou kuier Lindie by haar ma, haar berg en haar branders.

“Ek en my ma het soveel om vir mekaar te sê. Ek het haar bang gemaak, maar sy het nooit haar rug op my gedraai nie. Nou kan ons praat.”

Sy wil teruggaan verhoog toe, ’n boek skryf, aanbiederswerk en stemwerk doen en boonop haar eie geselsprogram begin.

“Ek wil Suid-Afrika se Ellen (DeGeneres) word. Gelukkig was dit nog nooit nodig om uit die kas te klim nie. Almal het maar altyd geweet.”

Haar organisasie, There is Always a Way, wat sy saam met vriende begin het, samel geld in vir kunstenaars wat depressie het, maar geen mediese fonds nie. ’n Liefdadigheidskonsert word vir 1 September op Dozi se plaas buite Hartbeespoort beplan.

“Ek weet dis nie te laat nie. Ek wil ’n ambassadeur vir hoop en vir die lewe self word.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Maka Drama sê... Agge nee? Arme ou Kenneth Meshoe maak in 20 jaar g'n hond haaraf nie. En hy's dan selfs agter ander randeiertjies soos Mulder se verkramptes en diktator Holomisa se matertjies! Daar's seker meer Blourokkies in SA as aanhangers van madala Kenneth? Hy's dan soos 'n donkie wat in die Durban July deelneem. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 6-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 6-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-27°C Sunny. Warm. PE: 13-23°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.