Nuwe eienaar van kasteel ’n reuse-raaisel

2012-09-22 23:17

’n Russiese sakeman het R23?miljoen opgedok vir die Lichtenstein-kasteel by Houtbaai.| Foto: Nasief Manie

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die raaiselagtige Lichtenstein-kasteel teen die hange bo Houtbaai is vir R23 miljoen aan ’n geheimsinnige Russiese sakeman verkoop.

Dit is die hoogste struktuur op Houtbaai se Karbonkelberg en het ’n uitsig oor die hawe in die rigting van Chapman’s Peak.

Nina Smith, ’n eiendomsagent van Sotheby’s, weier om die naam van die nuwe, “baie hoë profiel”-eienaar bekend te maak, buiten dat hy ’n Russiese sakeman is wat nie in Suid-Afrika woon nie.

“Dit is ’n vakansiehuis,” sê sy eers. Voeg dan by: “Nee, dit is slegs ’n private woning.”

Die landgoedbestuurder, ­Diane Davidoff, wil ook niks sê nie.

Dokumente van die aktekantoor toon ’n transaksie van R23 miljoen wat op 29 Mei vanjaar deur ene Svetlana Besfamilnaya, waarskynlik die Russiese sakeman se vrou, gemaak is.

“Ek sal haar moet inlig dat iemand besig is om rond te krap en haar man sal baie kwaad wees,” sê Davidoff.

Die kasteel is slegs per private toegangspad en helikopter bereikbaar. Dit het 12 en suite-slaapkamers, ’n biblioteek, banketsaal, swembad en ’n helikopterlandingsplek.

Bouwerk aan die kasteel is in 1986 deur die Duitser Reyneir Fritz begin en is in 1998 voltooi. Fritz wou ’n presiese replika van die gotiese Schloss Lichtenstein in die suide van Duitsland bou.

Kort nadat hy en sy gesin ingetrek het, is Fritz egter in die kasteel dood. Die presiese besonderhede van sy dood is nie duidelik nie.

Volgens ’n Houtbaai-inwoner wat die gesin geken het, het Fritz by die trappe afgeval. Sedertdien wil gerugte dat sy gees nog in die kasteel ronddwaal nie gaan lê nie.

Davidoff, wat die laaste sewe jaar in die kasteel woon, lag die spookstories af.

“Hy is aan ’n hartaanval dood nadat die kasteel voltooi is,” sê sy.

Sy weduwee het kort ná sy dood die eiendom verkoop en dit is as ’n gastehuis en vir troues gebruik.

“Dit was baie gewild,” sê Davidoff.

Sy het opdrag van die nuwe eienaars om besprekings vir fliekskote van die kasteel se buitekant te neem, asook vir troues in die konferensiesentrum, wat apart van die huis is.

Soos ander kamma-Europese kastele wat in Afrika deur immigrante vol verlange na hul vaderland gebou is, is die Lichtenstein-kasteel ’n rare gesig teen die hange van die Karbonkelberg.

Die voorsitter van die Houtbaai-belastingbetalersvereniging, Len Swimmer, sê die kasteel moes nooit daar, in die ongereptheid van die natuurskoon, gebou gewees nie.

“Vandag sou hulle nooit goedkeuring gekry het om daar te bou nie, maar destyds was dit makliker. Gelukkig smelt die kasteel en die berg goed saam en het dit, pleks van ’n ontsiering, ’n ikoniese gebou geword.”

Bron: West Cape News

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Rocky Bell sê... Vir my so hartseer dat sulke tye verbygaan. Al hoe meer raak mens bewus van die finaliteit - maak nie saak van jou kennis of statuur, as jou tyd uitgeloop het, is jou grootheid uitgedien......... Louw Alberts ... jou teenwoordigheid het baie betekenis gehad vir ons gewone mense Rus in Vrede. Jy was 'n meneer, MENEER Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 17-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-20°C Rain late. Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Operations Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
R500000 - R600000

Group Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R650000 - R700000

J2EE / Senior Java Developer

Centurion
Communicate Cape Town Engineering

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.