Nyanga is moordstad, Sasolburg die ligpunt

2012-09-22 23:13

Nyanga in Kaapstad is die land se “moordhoofstad” en Sasolburg in die Noord-Vrystaat is die ligpunt, toon die misdaadsyfers wat Donderdag bekendgemaak is.

Benewens die nasionale en provinsiale misdaadstatistieke is al die voorvalle ook bekend gemaak wat by die 1 122 polisiekantore oor die land heen aangemeld is.

Nyanga is voorheen gebrandmerk as die land se gevaarlikste plek. Die jongste syfers toon die situasie het vererger met 35 méér moorde as in die 2010-’11-boekjaar toe 198 moordsake aangemeld is.

Dit beteken daar word twee uit elke drie dae ’n moord in Nyanga gepleeg.

Sedert 1 April 2011 tot 31 Maart vanjaar is bykans 400 seksuele misdade en meer as 1 000 klagte van ernstige aanranding, waaronder boendoegeregtigheid, aangemeld.

Altesame 28 volwassenes en kinders is daar ontvoer en sowat 2 000 dwelmverwante misdade is gepleeg.

Motorkapings in Nyanga het verdubbel tot 81.

Dr. Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) het by navraag gesê gewelddadige misdade soos moord, poging tot moord en ernstige aanranding is ’n weerspieëling van maatskap­like omstandighede.

Volgens die ISS word 30,9 uit 100 000 Suid-Afrikaners vermoor.

“Moord volg omdat mense met mekaar baklei oor dwelms of alkohol of omdat hulle onder die invloed daarvan is,” sê hy.

Burger meen die destydse dwelmeenheid, Sanab, wat deur Jackie Selebi – veroordeelde oudpolisiehoof – afgeskaf is, moet heringestel word.

Dwelmverwante misdaad en diefstal uit voertuie het in al die provinsies toegeneem.

Maar in die beter deel van Sasolburg slaap inwoners elke aand met ’n geruste hart.

Op die oog af lyk dié dorp soos ’n droomplek. Daar was 3 moorde in 2011-’12; net 9 voorvalle van poging tot moord en 70 dwelmverwante sake. Inbrake en rooftogte by huise het met 50% afgeneem.

Ander gewapende rooftogte, aanranding en seksuele misdade het met 300% afgeneem in vergelyking met 2010-’11 se statistieke.

Dié dramatiese afnames in Sasolburg word egter daaraan toegeskryf dat die Zamdela-township sy eie polisiekantoor gekry het en dat die meeste misdade daar aangemeld is.

Kol. Danie Truter van die Sasolburg-gebiedseenheid het aan Rapport gesê dié skeiding verduidelik die verbetering in Sasolburg se syfers.

Die gesamentlike getalle vir die polisiekantore in Sasolburg en Zamdela is wel steeds laer as in 2010-’11.

Truter sê goeie kommunikasie met die gemeenskap, ’n sterk gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), bewusmakingsveldtogte en gemeenskaps­patrollies het vrugte afgewerp.

“In ’n stadium was Vaalpark (’n woonbuurt) onder beleg, maar samewerking met die gemeenskap het dit hokgeslaan,” sê Truter.

Burger maan hoër misdaadsyfers dui nie noodwendig in alle gevalle op ’n toename in onwettige bedrywighede nie.

Hy sê in sekere kategorieë misdaad wat deur polisiewerk blootgelê word, soos dwelmverwante oortredings, dronkbestuur en die besit van onwettige vuurwapens, wíl mens hoër syfers sien.

“Dít beteken die polisie werk hard, maar dit kan ook beteken meer mense is dronk, meer besit onwettige vuurwapens en meer is by dwelms betrokke.”

Besoek www.saps.gov.za en kliek op “Crime Statistics” vir jou dorp se misdaadsyfers.

***

* Veediefstal in die land is 1,5% hoër. In Limpopo het dit met 11,8% toegeneem, in die Vrystaat met 8,7%, in Noordwes met 8,3% en in KwaZulu-Natal met 3%.

* Welkom in die Vrystaat het meer moordsake (69) gehad as Hillbrow (56) of Orange Farm (62) in Johannesburg.

* In Alberton, Gauteng, is 30 vragmotors in dié tyd gekaap.

* In Pretoria-Moot het seksuele misdade verdubbel (44).

* Daar was 10 moorde in Carnarvon in die Noord-Kaap. In die vorige jaar was daar geen.

* In Ermelo, Mpumalanga, neem huisbrake snel toe. Gewapende rooftogte is ook hoër.

* In Nelspruit was daar 20% meer motor-inbrake (1 465).

* In Bellville in die Wes-Kaap het moordsake van 3 tot 19 toegeneem.

* Motorkapings in Pinetown in KwaZulu-Natal het van 184 afgeneem tot 139.

* In Seshego (Julius Malema se tuisdorp), Nkandla (pres. Jacob Zuma se tuisdorp) en Kwambonambi (polisieminister Nathi Mthethwa se tuisdorp) is meer onwettige vuurwapens gekonfiskeer as in 2010-’11.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 2-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-19°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-27°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Maintenance Officer - KZN

Durban
Affirmative Portfolios
R168 000 - R201 000 Per Year

Gegradueerdes

Sandton
Adept Recruitment (Pty) Ltd
R17 000 - R18 000 Per Month

Beauty Advisors

Pretoria
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R10 000 - R28 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!