OB se verslag is ’n tender-riller

2012-09-22 23:13

’n Tender-nagmerrie – dit is moontlik die beste beskrywing van adv. Thuli Madonsela, openbare beskermer, se verslag oor On-Point Engineering.

Volgens Madonsela het dié maatskappy wat gedeeltelik aan die familietrust van Julius Malema behoort, bykans elke reël in die boek wat Suid-Afrika se openbare aankope reguleer, verbreek.

In haar voorlopige verslag, getiteld “Op die punt van tenders”, is bevind die maatskappy het “doelbewuste en bedrieglike wanvoorstellings” gegee aan die departement van paaie en vervoer in Limpopo wat toe ’n R52 miljoen-tender aan On-Point

Engineering toegeken het om ’n projekbestuurseenheid te vestig en te bestuur.

On-Point het ’n wanvoorstelling van sy ervaring gegee en selfs die naam van ’n direkteur verskaf wat nie eens geweet het hy word met die maatskappy verbind nie. Die maatskappy het ook nie enige werknemers gehad toe dit vir die kontrak getender het nie.

Madonsela veroordeel ook die departement en Ntau Letebele, departementshoof, wat volgens haar deur David Masondo, Limpopo se LUR vir finansies, ondersoek moet word.

Madonsela het haar ondersoek begin nadat sy drie klagtes ontvang het voortspruitend uit City Press, susterkoerant van Rapport, se onthulling in Julie verlede jaar oor Malema se Ratanang-familietrust.

Haar kantoor het saam met die Valke gewerk, wat ook bewerings van korrupsie en bedrog teen Malema, sy trust en sakebedrywighede ondersoek.

Madonsela het nie ’n onderhoud met Malema gehad nie, maar het formele gesprekke met Letebele en Lesiba Gwangwa, Malema se sakevennoot en hoofbeampte van On-Point, gevoer.

Gedurende ’n oorsig van On-Point se maatskappyrekords het Madonsela ontdek dit het ’n ander naam gehad voordat dit On-Point geword het op 31 Augustus 2009 – bykans ’n maand voordat die tender toegeken is.

Gwangwa is op 16 September 2009 as ’n direkteur aangewys. Nogtans is die maatskappy as “gevestig en ervare” voorgehou.

“Maar in werklikheid het On-Point ten tyde van die indiening van die boddokument nog net ’n maand bestaan, dit het geen werknemers gehad nie en verskeie sleutelbestuurders en werknemers was geensins betrokke nie,” lui Madonsela se verslag.

“As maatskappy het On-Point geen profiel of ervaring gehad nie en dus geen vermoëns om as mededingende bieër oorweeg te word nie.”

On-Point se bod het ’n lys direkteure, senior bestuurders en bestuurders ingesluit. ’n Groot getal van hulle, wat ook deur Madonsela ondervra is, het gesê hulle is vir hul CV’s gevra, maar was nooit deel van die maatskappy nie.

Die tender het van maatskappye vereis om gesamentlike ondernemings met swart ekonomiese bemagtigingsmaatskappye “met ’n goeie naam” te vorm, maar Madonsela het bevind On-Point se bod was nie deel van ’n gesamentlike onderneming nie.

Waarskynlik die verdoemendste bevinding teen On-Point is dat agtereenvolgende “korrupte” ooreenkomste met subkontrakteurs gesluit is om die onderhoudswerk aan paaie in Limpopo te onderneem.

Madonsela het bevind On-Point is twee keer vir ’n aantal projekte betaal – deur die provinsiale regering én die subkontrakteurs wat die werk moes doen.

In een geval het die departement On-Point R2,3 miljoen betaal vir die ontwerp van sypaadjies, terwyl HL Matlala en Vennote, ’n ander maatskappy, tot R1,6 miljoen vir dieselfde werk betaal is.

Dit, volgens Madonsela, kom neer op korrupsie.

“Dit het ’n onbehoorlike botsing geskep tussen verpligtinge en verantwoordelikhede van On-Point as projekbestuurseenheid van ’n departement en sy eie belange. Die openbare beskermer is van mening ’n misdaad is gepleeg.”

Madonsela het Letebele opdrag gegee om die dubbelbetalings van On-Point terug te eis.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Adre Claassens sê... Verstik ek nou aan my koffie soos ek lag! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.