Omgee kom van binne

2012-12-22 23:58

’n Ligte oomblik tussen prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, en Jordan van der Walt.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dis nie of Jordan van der Walt (12) ál sy jeugdige energie daaraan bestee om die wêreld te red en honger mae te vul nie.

Rugby, videospeletjies en sy troetel-tarantula moet darem ook aandag kry.

Maar so bekend is dié Johannesburgse tiener vir die liefdadigheidswerk wat hy doen sedert hy tien jaar oud is dat prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, hom gevra het om duisende studente en volwassenes op die UV se Desember-gradeplegtigheid toe te spreek.

Dit was dié seun, ’n produk van ’n gegoede huis en die spog-voorbereidingskool St. John’s College in Houghton, wat in Bloemfontein verkondig het: Vind dit in jou hart om ander mense te help.

Ondanks Ma Lynn se aanvanklike raad dat sy voorstel dalk te volksvreemd sal wees vir dié tradisievaste skool, het Jordan as tienjarige na sy skoolhoof, Patrick Lees, gegaan en gevra waarom die skool jaar ná jaar paaseiers versamel wat onder minderbevoorregte kinders uitgedeel word.

Is mieliemeel dan nie beter nie, wou Jordan weet
.
Sy idee het groot byval gevind; nie net by Lees nie, maar ook by sy mede-leerlinge en leerlinge van nog 50 skole, asook organisasies en sakeondernemings. Tot dusver is 100t mieliemeel ingesamel wat onder meer as ’n miljoen kinders en bejaardes versprei is.

’n Groep bestuurders van 20 insleepvoertuie het met loeiende sirenes en flitsende ligte hul mieliemeel by die skool kom aflewer.

“’n Inwoner van ’n ouetehuis het ’n klein pakkie mieliemeel gestuur,” vertel Lynn. “Dit is al wat sy kon bekostig, maar sy wou ’n bydrae maak. Dit het my diep geraak.

“Die nood is baie groot,” voeg sy by. “Toe die insameling bekend raak en Jordan op radiostasies begin praat, is die skool oorval deur oproepe van mense wat mieliemeel gesoek het.”

Die skool het aanvanklik net aan die welsynorganisasies geskenk wat hy reeds steun, maar soos die veldtog momentum opgebou het, is nog organisasies betrek.

Jordan is onlangs met die In- yathelo-filantropieprys vir kinders vir sy Just One Bag-veldtog beloon. Kort daarna het Jansen gevra of hy ’n spreker op die universiteit se somer-gradeplegtigheid wil wees. Hy moes sy toespraak twee keer lewer, eers voor ’n gehoor van 800 en daarna voor 2?000 mense – iets wat verskeie volwassenes sou laat stotter, maar nie hierdie donkerkopseun nie.

En Jordan reken Jansen is “baie cool”. “Toe ons daar aankom, het hy na my gestap, met die hand gegroet en toe sê hy ons moet hierdie ‘ou mense’ agterlaat. Toe wys hy my die kampus, neem my na sy kantoor en gee my ’n koeldrank.”

In sy toespraak, wat Jordan met die hulp van Lees voorberei het, verwys hy na sy skool se leierskapprogram, wat op diensvaardigheid gegrond is.

“My Just One Bag-projek is gebore omdat ek ’n gevoel in my hart gehad het. As dit kom by mense help, is dit belangrik dat daardie gevoel van binne kom, anders is dit sinloos.

“Ek het na ’n program oor kinders in Suid-Afrika gekyk wat honger ly en ek was hartseer. Ek wou iets daaromtrent doen. Met die hulp van baie mense kon ons vandag al meer as ’n miljoen mense voed.

“Ek wil seker maak dat my veldtog voortgaan sodat die mense wat daardeur bedien word, eendag ander van diens kan wees.”

En die antwoord op die vraag wat alle grootmense aan kinders vra? “Ek wil regte studeer sodat ek die wette kan verander sodat meer mense gehelp kan word.”

* Die sportmal Jordan speel graag met sy drie honde; vang in die tuin goggas vir sy baard-akkedis; baklei met sy broers, Kane (16) en Dylan (11); en is lief daarvoor om saam met sy pa, Matthew, vis te vang.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-21°C High level clouds. Mild. Pta: 13-24°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 11-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 12-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Cost Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Investment Associate

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.