Onderwys: Ál groter ‘vloed van hofsake’

2012-07-07 23:31

Dit is oor toestande soos dié dat die Nomandla Senior Primary School en ander Oos-Kaapse skole in 2010 hof toe is. Foto: Regshulpsentrum

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Rolspelers in die onderwys wend hul toenemend na die howe om die departement van onderwys te dwing om behoorlike diens te lewer. Donderdag sal die nieregeringsorganisasie Section 27 en die beheerliggame van vyf Oos-Kaapse skole met die jongste saak in die hof wees om vakante poste by skole daar gevul te kry.

Die provinsie het nog nie vanjaar se posvoorsiening – wat bepaal hoeveel leerkragte ’n skool kry – in werking gestel nie.

Volgens Section 27 het sommige skole onderwysers op eie koste aangestel, ander maak staat op vrywilligers en by skole sonder hulpbronne is daar eenvoudig nie onderwysers vir alle klasse nie.

Die nasionale departement van basiese onderwys het in Maart verlede jaar in die Oos-Kaap ingegryp om aan die ernstige probleme aandag te gee, waaronder die krisis in posvoorsiening.

Volgens Section 27 was daar egter sedertdien geen groot verbeterings nie.

* Die jongste hofsaak kom ná ’n soortgelyke hofsaak verlede jaar oor dieselfde kwessie.

Toe het drie Oos-Kaapse skole, op advies en met geldelike hulp van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) en die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), die regering namens alle skole in die provinsie hof te geneem om dringend personeel in vakante poste aangestel te kry. Die partye se skikking in Julie verlede jaar is deur Fedsas en die SAOU as ’n oorwinning vir die skole bestempel.

* In ’n ander hofsaak verlede jaar het die Sentrum vir Kinderreg en sewe skole, verteenwoordig deur die Regshulpbronnesentrum (LRC), met die nasionale en Oos-Kaapse departement geskik oor die toestande by dié skole.

Die nasionale regering het toe R8,2 miljard oor drie boekjare toegewys vir die vervanging van onvoldoende skoolstrukture landwyd en werk by die spesifieke sewe skole is reeds ver gevorder.

* In Maart het die nieregeringsorganisasie Equal Education met regstappe teen die nasionale departement begin oor wat die minimum-infrastruktuur by skole behoort te wees.

* In nog ’n hofsaak vanjaar het ’n uitgewer ’n hofbevel teen die finalisering van die nasionale katalogus vir rekeningkundehandboeke gekry omdat een van sy titels nie oorweeg is nie.

Enver Surty, adjunkminister van basiese onderwys, het op 14 Junie verwys na die “vloed van regstappe” teen die departement. Hy het gesê dit is “teenproduktief” en belemmer onder meer die departement se planne oor watter proses gevolg moet word om modderskole te vervang.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 15-20°C Mostly sunny. Mild. Pta: 11-25°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 11-19°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 11-19°C Heavy rain. Morning clouds. Mild.
Dbn: 19-22°C a few tstorms. Mostly cloudy. Mild. PE: 14-16°C Heavy rain. Mostly cloudy. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!