‘Onmenslike’ padvalk in sop

2012-09-09 01:06

’n Ooggetuie het die struweling buite die hospitaal tussen Hesta Kotze en Pape Hadebe afgeneem.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Vrou van Klerksdorp eis ­R300 000 van Potchefstroom se stadsraad nadat sy “gewelddadig en onmenslik” hanteer is deur ’n verkeerslid.

Die eis spruit uit ’n voorval op 2 Junie toe Pape Hadebe, die verkeerslid, Hesta Kotze glo met pepersproei in die gesig gespuit het voordat haar voete onder haar uitgeskop is.

Kotze beweer ook Hadebe het met sy knie op haar rug geval voordat sy geboei is. Dit alles terwyl haar pa, Koot de Beer (70), op sy sterfbed gelê het en sy haastig was om by hom uit te kom.

Sy was op 2 Junie van Klerksdorp na Potchefstroom op pad. Volgens Kotze was haar nood- en hoofligte aan toe Hadebe haar wou aftrek. Sy het geweier om te stil te hou.

“Ek het vir hom probeer wys dit is ’n noodsituasie en ek hét by verkeersligte en stoptekens stilgehou. Ek was nie roekeloos nie, maar ek het geweet as ek eers met hom moet praat, gaan ek nie betyds wees om my pa te groet nie.”

Voor die hospitaal het Hadebe haar gekonfronteer. “Ek het hom gesmeek, by hom gepleit om my toe te laat om my pa te sien.”

Daarna het die beweerde voorval gebeur ten aanskoue van verskeie ooggetuies en hospitaalpersoneel wat foto’s en video’s geneem het.

“My pa het gesterf terwyl ek in boeie op die grond gelê het. Niks kan die situasie omkeer of beter maak nie. Die man het net geen genade gehad nie.”

’n Ander verkeerslid het glo opgedaag en Kotze toegelaat om in die hospitaal in te gaan.

“Dit was klaar te laat.”

Kotze was nadat sy haar pa aan die dood afgestaan het drie uur lank in aanhouding.

Die stadsraad en Hadebe het reeds kennis van die eis ontvang.

Kotze dagvaar weens trauma, pyn en lyding.

“Dit gaan nie oor die geld nie, dit gaan oor die beginsel.”

Kotze besef dit kan jare wees voor die saak afgehandel is, maar sy gaan nie terugstaan nie.

“Hy (Hadebe) en die stadsraad moet verantwoording doen en aan die pen ry. Al vat dit jare, geregtigheid moet geskied.”

Kotze sê verder sy sien uit na die dag in die hof as Hadebe sy optrede probeer regverdig.

“Wat hy gedoen het, is totaal en al belaglik. Hy kon my geboei het, dit sou ek verstaan, maar om my so onmenslik te behandel is nie reg nie.”

William Maphosa, woordvoerder van die Tlokwe-stadsraad (Potchefstroom), het bevestig die stadsraad het die kennisgewing ontvang, maar wou nie verder daaroor kommentaar lewer nie.

Maphosa sê daar was in die verlede geen klagtes oor Hadebe nie. Die stadsraad het nie teen hom opgetree nie omdat Kotze nooit amptelik ’n klag ingedien het nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
51 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-21°C High level clouds. Mild. Pta: 13-24°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 11-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 12-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Cost Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Investment Associate

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.