Onmin by RSG speel af op web

2013-01-27 00:02

’n RSG-aanbieder wat dié radiostasie op Facebook gekritiseer het, is deur haar baas op die vingers gewiks – ook op Facebook.

Margot Luyt, ’n jare lange aanbieder van letterkundige programme, het die radiostasie gepak omdat haar programme vir sokkeruitsendings moes plekmaak.

Sy het Donderdag op Facebook geskryf: “Ek het vandag die nuus gekry dat daar nie volgende Dinsdagaand ’n Vers en klank OF Kortom sal wees nie a.g.v. (tromme)... SOKKER!”

Vers en klank is ’n program oor Afrikaanse poësie en in Kortom word Afrikaanse kortverhale voorgelees.

Dit word elke Dinsdag tussen 21:00 en 22:00 uitgesaai, maar is die afgelope week ’n uur lank vertraag.

Dit word boonop eerskomende Dinsdag glad nie uitgesaai nie weens die Afrikanasiesbekertoernooi.

Die TV-draaiboekskrywer Johann Potgieter sê: “Dit lyk my die SAUK is vasbeslote om diegene wat nie klaar sokker verag nie, te oortuig.”

Die sangeres Amanda Strydom: “Verstaan jy nou my frustrasie! Het Dinsdagaand soos ’n zombie gesit en wag vir jou kosbare program wat toe oplaas 22:00 uitgesaai is. Dit was fantasties.”

Luyt het luisteraars aangemoedig om te kla: “Julle ken RSG se webwerfadres.”

Dis toe dat Magdaleen Kruger, RSG-hoof, van haar laat hoor het: “Margot, dit sal nogal gaaf wees as jy ’n bietjie wyer dink en laat leef as jou eie programme en minder selfgesentreerd is. “Daar’s meer sokker-aanhangers as Vers en klank-aanhangers.”

By navraag het Kruger gesê sokker tel onder die vyf gewildste sportsoorte op RSG. “RSG se sokkerkenner en -kommentator Johann Russouw het baanbrekerswerk gedoen om Afrikaanse sokkerterme te skep, waarvoor hy bekroon is – dis ’n groot pluimpie vir Afrikaans.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
89 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Jannie Snyman sê... Famba kahle Vuyo. Wisa hi ku rula!! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 6-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.