'Onreëlmatige tenders'

2012-10-11 10:35

JOHANNESBURG. – Op dieselfde dag waarop die openbare beskermer (OB) ’n verslag bekend gemaak het wat haar bevinding bevat dat Julius Malema se Ratanang-familietrust onbehoorlik voordeel getrek het uit onreëlmatige tenders, het Malema pres. Jacob Zuma ’n dief genoem.

Die voormalige leier van die ANC-jeugliga is gistermiddag met ope arms by die Brixton-plakkerskamp in Johannesburg verwelkom.

Net vroeër het Madonsela in haar verslag, “On the Point of Tenders”, onder meer voorgestel regstappe moet gedoen word teen On-Point Engineering, ’n maatskappy wat gedeeltelik aan Malema se trust behoort, en dat tugstappe teen Ntau Letebele, hoof van die departement van paaie en vervoer in Limpopo, kom.

Sy stel ook voor dat die nasionale tesourie ’n rekonsiliasie van betalings aan On-Point doen sodat die maatskappy dit kan terugbetaal.

Die OB het ’n tender van R52 miljoen wat die departement in 2009 aan On-Point toegeken het, ondersoek ná aantygings dat Malema, toe nog president van die ANC-jeugliga, sy politieke posisie gebruik het om die toekenning van tenders in Limpopo te beïnvloed.
Malema was gister in ’n uitdagende bui en het onder Zuma ingeklim. “Die dief (Zuma) steel jul geld,” het hy gesê.

“Zuma bou ’n groot huis van R200 miljoen in Nkandla en julle het nie eens huise nie. Die R200 miljoen kon gebruik word om vir julle almal huise te bou.”

City Press, susterkoerant van Die Burger, het onlangs onthul dat die regering sowat R203 miljoen begroot het vir verbeterings aan Zuma se private woning in Nkandla, KwaZulu-Natal.

Die voormalige ANC-jeugleier het Madonsela ’n dwarsklap gegee en gesê dit is onregverdig dat die OB ’n verslag met inkriminerende bevindings teen hom bekend maak sonder om met hom te konsulteer.

Malema het gesê hy is bewus daarvan dat die polisie dreig om die inwoners van die plakkerskamp te verwyder omdat hulle onwettig daar woon.

Hy het gesê hulle moet daarop aandring dat die regering vir hulle huise bou.

“Hierdie regering – as jy nie saam met hulle slaap nie, sal hulle nie vir jou ’n huis gee nie. Hulle sorg net vir dié wat met hulle slaap.

“Hulle moet weet hul tyd is verby in Desember wanneer ons nuwe leiers kies. Zuma is nié jul president nie. Hy steel jul geld en gebruik dit om vir hom ’n huis te bou.”

Malema het saam met Floyd Shivambu, sy regterhand en woordvoerder van die Vriende van die Jeugliga, en Sindiso Magaqa, nog ’n handlanger, deur die plakkerskamp gestap met honderde inwoners agterna.

“Dié grond staan leeg. Dit is júl grond. Julle moet dit wat aan julle behoort terugeis,” het Malema gesê.

Hy beweer Zuma voer ’n vendetta teen hom en wil hom “kaal uittrek”. “Hy moet weet ons is nie bang vir tronkstraf of die dood nie. Selfs al is ek kaal en sonder enige eiendom, weet ek ek kan hier by julle kom plak, want dit is waar ek hoort.”

 

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Andries du Toit sê... Die Citizen het op 3 Mei 1977 berig oor 'n tonnel wat na die Standardbank, Krugersdorp gegrawe is en geld toe uit die kluis gesteel is. Niemand is ooit vir die misdaad ge-arresteer nie. Wat interessant is dat die Krugersdorpskelms 'n radio hard gespeel het om tonnelgrawe-geraas te verberg. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 6-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.