‘Ons koester g’n wrok teen Bees’

2010-08-28 23:45

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hulle koester geen wrok teen die Blou Bul-stut Bees Roux nie en bespiegelinge dat rassisme ’n rol in die dood van sy broer gespeel het, is onvanpas.

So het mnr. Alfred Mogale, broer van sers. Johannes Mogale, ’n metropolisielid van Tshwane, gister aan Rapport gesê.

Roux (28) was gister steeds in aanhouding in ’n sel by die Sunny­side-polisiekantoor nadat hy sers. Mogale (38) eergisteraand glo só geslaan en geskop het dat hy aan sy beserings gesterf het. Roux was glo dronk tydens die voorval.

Daar is vir die Mogale-gesin steeds baie onbeantwoorde vrae oor die voorval.

“Die enigste persoon wat regtig weet wat daar gebeur het, is dood,” het Alfred Mogale gesê.

Ook die Roux-gesin het gister nog tot verhaal probeer kom.

Die Rouxs, van Prieska in die Noord-Kaap, sal vandag na Pretoria reis om die voorryman te ondersteun, het iemand na aan die familie gesê.

“Dit is ’n baie moeilike tyd vir Roux. Hy is nie alleen in die sel nie, maar dit is veilig.”

’n Familielid wat die huisfoon gister beantwoord het, het gesê “al die koerante spin dieselfde storie, maar dis eintlik heeltemal die teenoorgestelde”.

Sy het daarna die oproep beëindig.

Me. Karien du Toit, Roux se vriendin, en mnr. James Adams, sy agent, kon hom gister vir ’n kort rukkie in die polisiesel in Sunny-side besoek.

Du Toit het gesê Roux “sal nie eens ’n vlieg seermaak nie”.

Alfred Mogale sê hy het gister sy broer se lyk by die Steve Biko- Akademiese Hospitaal gesien.

“Hy het baie ernstige beserings opgedoen. Kopbeserings,” het hy emosioneel gesê.

Niemand het hulle al gesê wat sy broer se aanranding voorafgegaan het nie.

Volgens me. Dikeledi Leboye, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid in Tshwane, het sers. Mogale en nog twee metropolisielede Roux vroegoggend naby die N4-hoofweg in Hatfield van die pad getrek omdat hulle vermoed het hy is dronk.

Sers. Mogale het agter die stuur ingeklim om hom huis toe te neem, waarna die onderonsie uitgebreek het.

’n Ooggetuie het aan die media gesê Roux het sers. Mogale herhaaldelik geslaan en op die teerpad gegooi. Roux het glo geskree: “Jou dief! Jy wil my kar steel!”

Alfred Mogale sê hulle verstaan nie waar die ander twee metropolisielede in die prentjie pas as hulle nie dadelik op die toneel was om sy broer te help nie.

Volgens Leboye is dié metropolisielede nog te getraumatiseer om oor die voorval te praat.

Nóg ’n raaisel is waarom sers. Mogale hom nie self teen die aanval kon verdedig het nie. Mogale sê sy broer het altyd ’n diensvuurwapen aan hom gedra.

Mogale sê sy skoonsuster is nog erg geskok en het berading nodig. Sy ma en sy broerskinders – Thato (16), Boitshepo (12) en Ora (3) – is ook oornag sonder hul enigste broodwinner gelaat.

“Hy was ongelooflik passievol oor sy werk. Hy wou altyd ’n polisieman geword het.

“Hy was ’n baie nederige, koel mens wat uit die moeilikheid gebly het.”

In rugbykringe heers daar groot skok oor die voorval.

“Ek ken Bees Roux net as ’n gentle giant. Hy is een van die sagste, ordentlikste en vriendelikste ouens wat jy kan kry,” het Dawie Theron, Roux se vorige afrigter by Griekwaland-Wes, Vrydagaand in Durban aan Christo Buchner gesê.

“Toe ons hoor wat gebeur het, was dit vir ons ’n geweldige skok.”

Roux moet môre in die Pretoriase landdroshof verskyn. Die polisie het vroeër te kenne gegee dat hy van moord en dronkbestuur aangekla gaan word.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
169 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bloem: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 TDi Comfortline Dsl 5-dr MY10
2011
R 192,900.00

LAND ROVER

Discovery 3 4.4 V8 HSE 4x4 AT
2006
R 394,995.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 133,450.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.