'Ons lyk beter as laasjaar' - Jean de Villliers
2012-07-27 09:54
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Die Stormers wil leer uit die foute wat hulle verlede jaar gemaak het wanneer hulle môre die Sharks op Nuweland pak.
Terwyl die Sharks twee dae vroeg in Kaapstad aangekom het om te keer dat hulle reismoeg is wanneer die wedstryd plaasvind, het die Stormers ook 'n besige paar dae in die aanloop tot dié Super-rugby-halfeindronde gehad.
Verlede jaar het die Wes-Kapenaars 'n week afgevat voorddat hulle 'n halfeindronde op hul tuisveld gespeel het - maar toe het hulle 29-10 teen die Crusaders verloor.
Volgens die Stormers-kaptein, Jean de Villiers, probeer hulle nou 'n ander benadering.
"Ek meen ons voorbereiding is heeltemal anders as verlede jaar," sê De Villiers.
"Ons is op 'n veel beter plek as toe. Ons het 'n week lank nie gespeel nie, maar het geoefen. Die ouens is sielkundig, geestelik en fisiek gereed."
Hy het bygevoeg hy hoop hulle kan uit die foute van die verlede leer.
John Plumtree, die Sharks se afrigter, het gesê hulle is nie heeltemal seker wat om van hul teenstanders te verwag nie. "Ons sal seker eers na die wedstryd weet."
- SAPA