Ons maak gode en kyk hoe hulle val

2013-02-17 00:11

Een van talle internasionale koerante wat oor Oscar Pistorius berig het.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Wanneer Nathi Mthethwa, minister van polisie, later vanjaar die jaarlikse misdaadstatistieke bekend maak, sal Reeva Steenkamp se moord swart op wit in die “moord”-kategorie van die Boschkop-polisiekantoor in Pretoria aangeteken staan.

Wat moord betref, sal dié kantoor weer een van die land se “uitblinkers” wees.

Want in ’n land waar jaarliks 16 000 mense vermoor word, sal Boschkop – wat die gegoede ­Silver Woods-landgoed en omringende uitsoekbuurte insluit – waarskynlik minder as tien moorde vir 2012-’13 aanteken.

Verlede jaar het sewe mense hul lewe in dié polisiekantoor se diensgebied verloor.

Net ’n paar kilometer weg, in Mamelodi-Oos, het die polisiekantoor daar verlede jaar 50 moorde aangeteken, drie minder as in 2011.

Ironies genoeg is Oscar Pistorius na die Mamelodi-hospitaal geneem vir bloedtoetse en sodat die distriksgeneesheer hom vir moontlike beserings kon ondersoek.

Die Mamelodi-hospitaal is nou nie juis ’n plek waar Pistorius dikwels gesig sou wys nie.

Hy, en waarskynlik al sy bure in Silver Woods en aanliggende buurte, kan private hospitale en klinieke in die stad bekostig.

Maar Donderdag het Pistorius se wêreld van weelde met blink motors en handelsnaamsonbrille ineengestort.

Binne ’n oogwink het die ­Nike-geïnspireerde fasade van Suid-Afrika se goue seun verdwyn.

Skielik was hy Oscar die verdagte, met ’n grys keps oor die kop om sy beroemde gesig te verberg, en op die agtersitplek van ’n nederige Volkswagen Polo wat deur onderbetaalde polisielede bestuur word.

By die aanklagkantoor sou hy tevrede moes wees met die binnekant van ’n vaal polisiekantoor, op wit plastiekstoele (indien enige) sit en verklarings met ’n Bic-pen skryf.

Dit gebeur gereeld dat rykes se lewens met dié van die res in aanraking kom deur misdaad. In Suid-Afrika het ons gewoond geraak aan die stereotipe van die arm, swart misdadiger.

G’n wonder nie dus dat almal so maklik kon glo dat hy (volgens vroeë berigte) op ’n inbreker losgebrand het.

Middelklas-Suid-Afrikaners bestee elke jaar miljoene rande aan private veiligheidsmaatreëls soos elektriese heinings, val­bome en alarmstelsels om die vyand buite te hou.

Ons is dus verbaas wanneer Mthethwa (of sy voorgangers) bekend maak dat sowat agt uit elke tien moordslagoffers in ons land vermoor word deur iemand wat hulle ken.

Ons weet nou dis ’n leuen dat die blink wêreld van sport, geld, mode en skoonheid verhewe is bo wreedheid.

Maar dié leuen is ’n multimiljoenrand-bedryf wat lewend gehou word deur ons almal wat so graag gode skep, net om hulle keer op keer te sien val.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Martha Dean sê... @Saamprater, maar ek was ook by verskeie geleenthede waar Christene God gesmeek het vir Sy Genade oor Suid Afrka en Afrika en Hom gekroon het as Koning van konings en Heerser van heersers. Kom ons wag en kyk wat doen die landsbewoners volgende stemdag. Satan kan niks doen sonder God se toestemming nie, lees Job. Mense moet eerder hulle vertroue stel in God en nie mense nie, God self sal Sy vyande vernietig maar eers moet die mense Hom daarom vra (voorbeeld Farao en ander Goddelose Konings) Nou wil almal Zuma en die voorvadergeeste grootmaak? Nonsens in die oortreffende trap. Dis ons Christene wat die Here verraai en die land op 'n skinkbord vir God se vyande gee. Wie weet of Mogoeng nie 'n antwoord op Gebed is nie. Ek glo hy is. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.