Ontgroening dalk verbied

2001-10-08 21:40

Die ontgroening van leerlinge en studente, wat in die verlede telkens ontaard het in aanranding, vernedering, seksuele teistering en selfs die dood van slagoffers op Suid-Afrika se skoolterreine en kampusse, kan dalk eens en vir altyd deur die minister van onderwys stopgesit word.

Mnr. Kader Asmal, minister van onderwys, is ná 'n omvattende ondersoek deur die Menseregtekomissie (MRK) meegedeel dat ontgroening die fundamentele waardes van die land se handves van menseregte in die gedrang bring: die reg op menswaardigheid, gelykheid en vryheid.

Dis 'n "uitgediende praktyk," sê die MRK.

Asmal het die MRK in Maart vanjaar versoek om die ondersoek te doen nadat 'n student van die Universiteit van Stellenbosch, Charl Strydom, tydens die "inlywingsplegtigheid" van sy koshuis gesterf het.

Die MRK het sy verslag Donderdag aan die minister oorhandig.

Asmal bestudeer tans die verslag.

Hy het dit in die loop van die jaar, ná publisiteit oor "doopplegtighede" wat skeefgeloop het en klagtes van ouers oor onderwysinstellings waarvoor hy verantwoordelik is, reguit gesê hy beskou ontgroening as "wreed", "vernederend", "pynlik" en "nooit onskuldig" nie.

Volgens adv. Leon Wessels, sameroeper van die MRK-komitee van drie wat die ondersoek gedoen het, het sy komitee tot dieselfde gevolgtrekking gekom.

"Dié praktyke in al hul vorme kan hóé onskuldig voorkom, uiteindelik blyk hulle glad nie so onskuldig te wees nie."

Die ander lede van die komitee is adv. Pansy Tlakula en adv. Charlotte McClain.

Twee jaar gelede het die MRK, ná 'n ondersoek oor ontgroening by die Elsenburgse landboukollege by Stellenbosch, ook in 'n verslag aanbeveel dat praktyke strydig met die grondwet en handves van menseregte stopgesit word.

Die MRK het ook aanbeveel dat personeellede van die kollege, wat 'n rol in die ontgroening gespeel het, verhoor en getug word.

Die jongste verslag wys, volgens Wessels, die minister op die beginsel van in loco parentis, die aanspreeklikheid van die betrokke owerhede vir wat by instellings onder hul toesig gebeur.

Daar was in die verlede 'n geneigdheid by dié owerhede om faktore buite hul beheer, soos "kwaadwillige seniors", die skuld te gee vir ontgroening wat skeefloop.

Wessels se komitee het nie net die Stellenbosch-voorval onder oë gehad nie.

In die lig van die "Kader Asmal-lêers" (die voorraad klagtes wat die minister van ouers ontvang het) en 'n reeks besoeke aan universiteite en skole is 'n breë ondersoek gedoen.

Die ondersoek het selfs praktyke by die tradisionele inisiasieskole, wat dikwels swart tienerseuns se lewe kos, ingesluit.

Klagtes oor dié skole kom neer op dieselfde vergrype teen menseregte as die klagtes oor ontgroening.

Weens 'n gebrek aan tyd en inligting kon dié ondersoek nie behoorlik afgehandel word nie, sê Wessels.

Maar die komitee hét aanbeveel dat die navorsing voortgaan.

Die komitee het ook aanbeveel dat die regering 'n multi-dimensionele beraad oor die insisiasieskole hou omdat die praktyke wat hier ter sprake is, die verantwoordelikheid van meer as een staatsdepartement is.

Dit sluit die departement van onderwys in omdat seuns uit hulle skole gehaal en soms gedwing word om die insisiasiekole by te woon.

Ook die departement van gesondheid, omdat die besnydenis van seuns en die gepaardgaande gesondheidskwessies dié departement se verantwoordelikheid is.

mwaldner@rapport.co.za

- Rapport

binne rapport

Weer
Ksd: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 11-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-16°C Sunny. Cool.
Dbn: 13-23°C Showers late. Morning clouds. Mild. PE: 11-20°C Heavy rain. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!