‘Ontvoerde’ baba terug by pa, ouma

2012-01-28 23:09

Me. Marelize Potgieter, die ma wat daarvan beskuldig is dat sy haar 17 maande oue dogtertjie, Isabeau Potgieter ontvoer het, sê sy het nooit probeer om met die kind weg te loop nie. Foto: verskaf

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Isabeau Potgieter, die 17 maande oue babameisie wat glo deur haar ma ontvoer is, is veilig terug in Kaapstad by haar pa, mnr. Evert Potgieter (35), en ouma, mev. Susan Potgieter (58).

Die Kaapse hooggeregshof het twee weke gelede beslis die meisietjie se ma, mev. Marelize Potgieter (31), het haar onwettig Durban toe gevat en die kind moet teruggaan na haar pa en ouma.

Isabeau is uiteindelik verlede Woensdag om 10:00 aan haar ouma oorhandig.

“My hart is uitgeruk, dis so hartseer.

“Niemand in die wêreld sal verstaan waardeur ’n ma gaan as haar baba uit haar arms geneem word nie,” sê mev. Potgieter jr. nou.

Rapport het verlede week berig hoe sy soos ’n speld verdwyn het toe mnr. Potgieter en sy ma in Durban was om die kind te gaan haal.

Mev. Potgieter jr. sê die bewerings dat sy verdwyn het is vals: Sy het glo nie geweet hulle kom Isabeau haal nie en het by vriende gekuier.

Sy voer nou aan sy het haar man verlaat omdat hy haar afgeknou het en haar skoonma in hul lewe ingemeng het.

Haar skoonma ontken dit.

“Isabeau is veilig, sy loop en speel, sy huil nie en soek nie na haar ma nie,” sê mev. Potgieter sr. Mev. Potgieter jr. sê sy gaan baklei om haar kind terug te kry.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
40 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2007
R 279,990.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.