Oor Jesus, Elvis en ‘fans’

2013-02-23 23:04

Jean Oosthuizen

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die skorsing van Jean Oosthuizen, nuusredakteur van die Kerkbode, is nie die eerste keer dat die NG Kerk se topstruktuur hom voor stok kry nie.

Oosthuizen is voorverlede Vrydag uit sy pos by dié amptelike NG Kerk-koerant verwyder hangende ’n interne tugondersoek omdat hy sy direksie in die openbaar van “onwaarhede” beskuldig het.

Hy is al tevore “ernstig en openhartig” deur die algemene sinode van die NGK oor beweerde “godslastering” aangespreek.

Dit was nadat minstens twee gemeentes, asook individuele NG Kerk-lidmate, gekla het oor sy “lasterlike” uitsprake op sy internet-gespreksforum, Kletskerk.

Prof. Nelus Niemandt, moderator van die NG Kerk, het eergister gesê minstens twee gemeentes, waaronder Moreletapark in Pretoria, het in 2011 al klagte oor Oosthuizen by die algemene sinode ingedien.

Benewens die “godslastering” en taalgebruik op sy forums was die gemeentes gegrief oor die toelaat van “godslasterlike gesprekke” en “kru taal” op die forum. Dit sluit in ’n spottende verwysing na die Heilige Gees en die herhaalde ydellike gebruik van die woord “Here”.

Kletskerk het die laaste jare gewemel van woorde soos “g*ts”, “jirre”, “k*k” en “p**ph*l”.

Oosthuizen is ook gekritiseer omdat hy die volgende aanhaling deur Gareth Cliff as sy e-pos-afsluitsin gebruik het: “Jesus is like Elvis... A very nice guy but His fan club freaks me out”.

“Daar het ’n baie ernstige en openhartige gesprek met hom plaasgevind tydens ’n vergadering van die moderatuur van die algemene sinode,” het Niemandt by navraag gesê. Daarby is dit duidelik gestel Klerkskerk is nie ’n webblad van die NG Kerk nie.

Dit word bevestig op die NG Kerk-webblad: “Die moderatuur het verskeie klagtes rakende die inhoud van Kletskerk en die skakels op ons webblad daarheen ontvang. Daar is besluit om alle skakels na Kletsklerk op die webbladsye van die NG Kerk en Kerkbode te verwyder.”

Nogtans is Oosthuizen toegelaat om in sy redakteurspos aan te bly. Die voortslepende spanning het verlede week tot uitbarsting gekom. Die bestuur en direksie van die Tydskriftemaatskappy (TM), uitgewer van Kerkbode, het Oosthuizen gevra om sy kantoor te verlaat en sy werkrekenaar te oorhandig.

Dit kom nadat Kerkbode hom as donateur van die gesprekke met die temas “Net een God?” en “Hemel en hel?” by die Universiteit van Stellenbosch (US) se Woordfees onttrek het.

Ds. Danie Mouton, voorsitter van die TM-direksie, sê Oosthuizen het nie “die nodige reëlings langs die normale bestuurskanale van die maatskappy getref nie”. Oosthuizen sê daar is al ’n jaar gelede hieroor ooreengekom.

Mouton het Vrydag gesê TM kan geen verdere kommentaar lewer nie omdat ’n tugondersoek aan die gang is. Volgens hom gaan die Kerk­bode van 1 Maart ’n berig oor die Kerkbode/Woordfees-kwessie hê.

Dit sal ook deur die loop van die week aanlyn beskikbaar wees by www.kerkbode.co.za

Oosthuizen word nie toegelaat om kommentaar te lewer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
71 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-18°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-14°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Mild. PE: 12-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.