Oorwinningskrete vir Zuma

2012-12-18 15:23

Pres. Jacob Zuma gesels met Siphiwe Nyanda op die benoemingsessie Sondag terwyl adj.pres. Kgalema Mo-tlanthe oënskynlik ingedagte vorentoe staar. Foto: Felix Dlangamandla

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Oorverdowende oorwinningskrete het Dinsdagmiddag in die hoofsaal van die ANC se verkiesingskonferensie in Bloemfontein uitgebreek toe pres. Jacob Zuma maklik die stryd om die ANC-presidentskap verower het.

Dit beteken Zuma gaan vir die volgende sewe jaar staatspresident van Suid-Afrika kan bly as die ANC die nasionale verkiesing in 2014 wen.

Adj. pres. Kgalema Motlanthe, wat Zuma vir die pos teengestaan het, kon net 991 stemme uit die meer as 3977 stemme verower.

Zuma het 2983 stemme op hom verenig.

Die grootste wenner van die dag was egter die sakemagnaat, Cyril Ramaphosa, wat 3018 stemme gekry het vir die pos van adjunk-president van die ANC.

Ramaphosa het in die proses selfs meer stemme op hom as Zuma verower.

Sy teenstaanders vir pos. Tokyo Sexwale, die huidige minister van menslike nedersettings, en Mathews Phosa, voormalige tesourier-generaal van die ANC, kon elk nie eens 500 stemme op hulle verenig nie.

Ander ANC-top ses lede wat ook verkies is, is Gwede Mantashe, wat tot sekretaris-generaal herkies is.

Sy teenstaander, Fikile Mbalula, minister van sport en die ANC-jeugliga se kandidaat vir die pos, het net 901 stemme gekry. Mantashe het 3058 stemme gekry.

Baleka Mbete is tot nasionale voorsitter van die party verkies. Thandi Modise, haar teenstaander, het 901 stemme gekry.

Jesse Duarte is onbestrede tot adjunk sekretaris-generaal verkies.

Dr. Zweli Mkhize, premier van KwaZulu-Natal, is tot tesourier-generaal verkies. Paul Mashatile, Gautengse ANC-leier, het 901 stemme gekry in die tweestryd.

Nie een van die kandidate in die Motlanthe-kamp kon meer as 1000 stemme op hulle verenig nie.

Hulle is elke keer as die uitslae van elke pos bekend gemaak is, deur die duisende Zuma-ondersteuner in die saal uitgejou.

Daarteenoor het Zuma-ondersteuners na die uitslae binne en buite die saal fees gevier en juigend liedere ten gunste van die nuutverkose leierskap gesing.

Motlanthe het na die uitslae sy ondersteuners buite die saal bedank en vir foto's geposeer. Hy het met talle gesels.

"Ek is oukei", het hy aan verskeie gese wat hom sterkte toegewens het voordat hy sy lyfwagte hom van die toneel weggery het.

Van sy ondersteuners het gese, "ten minste het ons dit nie verniet gedoen nie. Daar was 'n rede agter dit".

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 15-22°C Sunny. Mild. Pta: 4-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-15°C Sunny. Cool. Bfn: 0-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-26°C Sunny. Mild. PE: 9-26°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!