Op 'n mespunt

2012-12-16 01:28

Thabo Mokone van Wyk (35) en lede van die ANC-faksie wat pres. Jacob Zuma as ANC-leier wil uitskop in Mangaung vier fees nadat die konstitusionele hof bepaal het die verkiesingskonferensie van die pro-Zuma- Vrystaatse ANC-leierskorps was ongeldig.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's


Die ANC se nasionale konferensie kan ontspoor nog voordat dit behoorlik op dreef is.

Die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) het gisteraand ná ’n marathon-noodvergadering in die Mangaung-burgersentrum besluit die Vrystaat se afvaardiging van 324 lede, wat ondersteuners van pres. Jacob Zuma is, sal wel in môre se leiersverkiesing kan stem.

Dit is in weerwil van beswaarde Vrystaatse ANC-lede se dreigemente om ’n dringende hofinterdik te bekom om die Vrystaters die konferensie te belet.

Die 19 lede van die Vrystaatse provinsiale uitvoerende komitee (PUK) is egter wel van die konferensie uitgesluit nadat die konstitusionele hof Vrydag beslis het die Vrystaatse leiersverkiesing in Junie was ongeldig.

Van dié leierskap sal slegs Ace Magashule, die premier, die konferensie as stemgeregtigde bywoon omdat hy terselfdertyd lid is van die ANC se NUK.

’n Senior ANC-lid het aan Rapport gesê die NUK se besluit kan die konferensie op die eerste dag al laat ontspoor.

“Al die prosesse by die konferensie moet geldig wees, volgens regsgronde en op politieke vlak. Daar mag geen twyfel daaroor wees nie. Dit kan die geldigheid van die hele konferensie, van die leiersverkiesing tot die beleidsbesluite, in gedrang bring,” het die lid aangevoer.

Wat ’n soomlose herverkiesing vir Zuma moes wees, het weens die konstitusionele hof se uitspraak ’n krisis geword.

Die ANC se topleiers het die onverwagse verwikkeling teenoor die media onderspeel, maar ’n senior ANC-lid het erken dit gaan die agenda vir die volgende paar dae oorheers.

Die Vrystaatse beswaardes wat adj.pres. Kgalema Motlanthe ondersteun, het die afgelope twee dae gedreig hulle gaan die konferensie vandag ontwrig as die Vrystaatse afvaardiging mag stem.

Hulle gaan die kwessie vanmiddag tydens ’n geslote sessie opper om die afvaardiging se deelname tersyde te stel.

Misluk dít, “sal ons teruggaan hof toe om ’n interdik te kry om hulle die konferensie te belet”, het ’n ingeligte gesê.

Die vreugdevure het ná eergister se hofuitspraak hoog gebrand.

Rapport het verneem jubelende Motlanthe-ondersteuners het in kavalkades deur kleiner dorpe gery en op hul toeters gedruk.

Hulle was onder die indruk die Vrystaatse afvaardiging sou nie meer in die leiersverkiesing mag stem nie.

Die Motlanthe-faksie voer aan die Vrystaatse PUK het ’n hand gehad in die benoemingsproses van die Vrystaatse takke om te verseker die “regte mense” stem.

Daarom glo hulle al die Vrystaters moet uitgesluit word Lede van dié faksie het Vrydag by ’n kuierplek in Bloemfontein hul opvolgstrategie bespreek.

Hulle was woedend oor Gwede Mantashe se aandrang daarop dat die Vrystaters ondanks die hofuitspraak mag stem.

“Wie is Gwede? Hy is net ’n rotsbooroperateur. Hy is nie ’n regsgeleerde nie,” is aan Rapport gesê.

Die einste Mantashe het vroeër gemaan die ANC kan lede skors wat die party hof toe sleep.

Maar die pro-Motlanthe-Vrystaters voer aan hulle is juis hof toe omdat Luthuli-huis hul besware nie objektief gehanteer het nie.

“Hoe kan ons Gwede vertrou? Hy behoort dan self aan die Zuma-faksie,” is aan Rapport gesê.

’n Senior lid van die ANC in Gauteng wat Zuma as partyleier wil ontsetel, het gister gesê “elke stem tel” – en word die Vrystaatse afvaardiging by die konferensie uitgesluit “kan dit ’n beduidende invloed hê” op die uitslag van die leiersverkiesing.

Die verkiesingskommissie sal vanaand bekend maak wie hul benoemings vir die ANC se ses topleiersposisies aanvaar het.

Afgevaardigdes sal dan weet of Cyril Ramaphosa beskikbaar is vir die adjunkleierspos.

Motlanthe het hom reeds verkiesbaar gestel vir drie posisies: ANC-leier, adjunkleier en as NUK-lid.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Maka Drama sê... Agge nee? Arme ou Kenneth Meshoe maak in 20 jaar g'n hond haaraf nie. En hy's dan selfs agter ander randeiertjies soos Mulder se verkramptes en diktator Holomisa se matertjies! Daar's seker meer Blourokkies in SA as aanhangers van madala Kenneth? Hy's dan soos 'n donkie wat in die Durban July deelneem. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 6-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 6-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-27°C Sunny. Warm. PE: 13-23°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.