Opgekap

2013-01-20 00:52

Mev Marë van Kriel wie se dogter Charmaine in die Kaap wreed vermoor is. Foto: Nicolene Olckers

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Toe sy 16-jarige dogter byna drie weke gelede na Kaapstad vertrek het, het hy ’n voorgevoel gehad sy gaan nie lewend terugkom nie.

Toe hy hoor Charmaine word vermis, het Marthinus Maré (77) aangevoel sy “het gebrand”.

Die polisie het Maandag afgekom op Charmaine se verkoolde lyk in die veld, haar afgesaagde bene in ’n verlate gebou in Somerset-Wes en haar arms in ’n huis in Kraaifontein.

In die Maré’s se armoedige huis in Kriel is net verwyte oor.

Binne dae nadat Charmaine Kaap toe is om aan ’n kollege kuns te gaan studeer en tussendeur te werk, het sy haar ma gebel en om hulp gevra.

Sy was veronderstel om by ’n vriendin se ouerhuis in Kraaifontein te loseer, maar die vriendin en haar ma, die verpleegster ­Carol White (52), is weg op ’n bootreis en het Charmaine in die sorg van die ma se kêrel, Johan de Jager (48), gelaat.

Charmaine het aan haar ma, Katrina (53), gesê ’n man het seks van haar geëis en geweier om vir haar kos te gee as sy nie by hom slaap nie.

Katrina kon niks doen nie. Hulle kon nie bekostig om haar in die Kaap te gaan haal nie.

Charmaine het baie ideale gehad.

Sy wou nie hê haar pa moet meer as motorwag by die supermark werk om die gesin te voed nie, het Katrina gister gesê.

Sy sou werk kry en geld huis toe stuur.

Katrina was trots op Charmaine en het geglo sy sou ’n sukses van haar lewe maak.

“Die ma het aan my belowe sy sal mooi na my kind kyk. Maar sy het haar belofte verbreek,” het Katrina gesê.

“Sy het nie die plek geken nie. My kind het nie verdien om soos ’n hond te sterf nie.”

In Eltermanstraat, ’n rustige cul de sac in Kraaifontein waar Charmaine haar laaste dae deurgebring het, was bure gister verslae oor die gruvonds.

Charmaine se arms is Maandag in ’n boks in De Jager se huis gekry.

Hy is dieselfde dag op ’n klag van moord gearresteer.

Een van die bure het vertel die motorwerktuigkundige het soms die kinders se motor herstel of “vir ure” aan sy Mustang-motors in die garage gewerk.

White, haar dogter en De Jager se seun het kort ná Charmaine se aankoms hier op 3 Januarie op hul bootreis na Walvisbaai vertrek.

Toe hulle op 11 Januarie terugkom, het hulle Charmaine as vermis aangemeld.

’n Vriend van De Jager het gister gesê hy was versot daarop om rillers en komedies by die DVD-winkel om die draai uit te neem.

Op 4 Januarie het hy die DVD’s The Dictator, Detention en Never Let Me Go uitgeneem.

Voor dit het hy ook Prowl uitgeneem. In dié riller wil ’n meisie uit haar klein dorp ontsnap.

Sy en haar vriende gaan stad toe waar ’n lorriebestuurder hulle ’n saamrygeleentheid gee en dan nie wil stilhou nie.

Agter in sy lorrie is kartonne vol bloed.

Op 17 Desember het De Jager die fliek Texas Killing Fields uitgeneem.

Die fliek is gegrond op ware gebeure van moorde op vroue wie se lyke dan in verskeie Texas-gebiede gestort word.

Charmaine se ouers probeer nog geld insamel om haar lyk na Kriel terug te bring.

Wildre Fourie, De Jager se prokureur, het die afgelope week gesê sy kliënt kan dalk ook weens die moord op ’n vrou in 2008 aangekla word.

Die aanklag is destyds teruggetrek omdat die getuies nie beskikbaar was nie.

Die getuies is nou gereed.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
53 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 18-24°C Morning clouds. Mild. Pta: 10-25°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 10-21°C Sunny. Mild. Bfn: 9-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-28°C Haze. Warm. PE: 16-21°C Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!