Oppas vir dié 'hubbly bubblies'

2012-01-25 11:14

KAAPSTAD. – Die nuwe gier onder kinders en tieners om waterpype (hubbly-bubblies) te rook, hou ernstige gevare van kanker in.

Boonop besef ouers en kinders nie die gevare nie omdat die gegeurde tabak wat gebruik word – soos allerlei vrugte-, sjokolade- en vanieljegeure- – strelend voorkom.

Prof. André van Zyl van die skool vir tandheelkunde aan die Universiteit van Pretoria het gesê ouers koop selfs uit onkunde dié waterpype vir hul kinders. ’n Mens sien die tipe waterpype oral op tafels op kampusse en by skoolpartytjies.

Van Zyl het op ’n nuuskonferensie van die Suid-Afrikaanse Tandheelkundige Vereniging (Sada) in Kaapstad gewaarsku kinders van so jonk as agt tot jong mense van 24 jaar is die meeste kwesbaar vir die kankergevare van die pype.

“Dit is gevaarliker as sigarette. Mense asem die rook dieper in omdat dit sulke strelende, gegeurde tabak is. Hulle rook ook vir langer tye aaneen,” het Van Zyl gesê.

Juis omdat waterpype vir lang tydperke gerook word, kan gifstowwe gelyk aan dié van ’n honderd sigarette ingeasem word.

Daar word ook verkeerdelik aangeneem die water in die pype filtreer gevaarlike stowwe uit.

“Dit is heeltemal verkeerd. Die rook van ’n waterpyp bevat nikotien, teer en metale.”

Verder is daar ook die gevaar dat mense wat dieselfde mondstukke deel virusse soos herpes, hepatitis en tuberkulose kan versprei. Jonger mense word met die gebruik van die waterpype blootgestel aan ’n groter risiko om mond- en keelkanker te kry.

“Daar moet nog baie navorsing gedoen word oor die spesifieke gevare met die gebruik daarvan, maar in dié stadium moet veral jong mense bewus wees van die gevare wat dié gier inhou.”

- Die Burger

* Volg Rapport op Twitter en Facebook



Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2007
R 279,990.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.