Oscar begin, eindig met ’n glimlag

2012-08-04 23:41

Oscar Pistorius spring weg in die 400 m-uitdunne. | Foto: Reuters

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit het begin met ’n glimlag in die wegspringblokke en ’n raps meer as 45 sekondes later geëindig met ’n selfs breër glimlag – ná die verwesenliking van twee lewenslange drome.

Oscar Pistorius het gisteroggend geskiedenis gemaak deur die eerste dubbel geamputeerde atleet ooit te word wat aan die Olimpiese Spele deelneem.

Boonop het Suid-Afrika se “Blade­ Runner” tweede geëindig in sy uitdun van die 400 m en sy tweede vinnigste tyd van die seisoen van 45.44 sekondes was goed genoeg om hom na die halfeindstryd te laat deurdring.

“Ek het ses jaar lank gewerk vir dié geleentheid,” het Oscar gister gesê. “Ek het met ’n glimlag in my wegspringblokke gesak.”

Hoewel die aandag van die Britse skare in ’n stampvol Olimpiese stadion aanvanklik op die seskamper Jessica Ennis was, het die aankondiging: “This is the Blade Runner, Oscar Pistorius” die kollig blitsig na dié 25-jarige Pretorianer laat verskuif. En wéér het Oscar daarin gedy.

Ná ’n beskeie begin het hy geleidelik spoed opgetel en eindelik gemaklik onder die topdrie-deelnemers – wat outomaties na vanaand se halfeindstryd deurdring – geëindig. Die skare het ontplof, Oscar het opgekyk na die telbord om die belangrike “Q” (vir qualified) langs sy naam te sien en ’n breë glimlag geflits.

“Ek was só senuagtig vanoggend (gisteroggend) en nou weet ek nie of ek moet lag of huil nie,” het hy gesê.

“My emosies is heel deurmekaar. Dié was die ongelooflikste ondervinding ooit, die skare was fantasties – ek het die Suid-Afrikaanse vlag sien wapper. Die hele ervaring was onbeskryflik.”

Dit het die afgelope week gegons oor berigte van Amerikaanse oorlogsveterane wat hul bene op die slagveld verloor het wat inspirasie put uit Oscar se verhaal.

“Dis wonderlik wat hy doen,” het korp. Jeff Kessler, wat albei bene in Afganistan verloor het, aan USA Today gesê. “Ek wil graag agter my seuns aanhardloop en normale dinge saam met my familie doen.”

Kirk Bauer, wat beseer is in die Vietnamese oorlog, het Oscar se prestasies as “revolusionêr” bestempel. “Dit wys hoe ver fisiek gestremde mense kan kom.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Nene Benade sê... Hou op om die 'Kerk' se naam sleg te maak. As jy n fout iewers gaan soek gan jy dit kry. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Morning clouds. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.