Oscar hol die vroue-aflos

2012-11-11 00:37

Oscar Pistorius en Samantha Taylor in gelukkiger dae. Dié foto is tydens ’n Top Billing-onderhoud op die Seychelle geneem.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Olimpiese atleet Oscar ­Pistorius is ’n gunsteling onder Suid-Afrikaners, maar dié superster is ’n opperste rokjagter, beweer sy eksmeisie Samantha ­Taylor.

“Oscar is beslis nie wat mense dínk hy is nie,” het dié Kaapse bemarkingstudent Vrydagaand aan Rapport gesê.

In September het sy en Oscar, met wie sy 18 maande lank uitgegaan het, nog ewe liefies in die SABC3-program Top Billing op die strande van die Seychelle vir mekaar gekoer. Verlede Sondag daag hy toe by die Suid-Afrikaanse sportpryse in Sandton, Johannesburg, op met ’n ander blonde skoonheid aan sy sy, die FHM-model Reeva Steenkamp.

Waar is Samantha dan, het die tonge geklap toe Oscar en Reeva saam uit dieselfde voertuig klim en glimlaggend vir die kameras poseer, hy in ’n Armani-pak en sy uitgedos in ’n kort rooskleurige rokkie.

“Ons is net vriende. Ek sweer ek sal julle vertel as daar enigiets meer is.

“Ons sit net toevallig by dieselfde tafel en het met dieselfde motor hier aangekom,” het die blonde langbeen blosend aan ­City Press, susterkoerant van Rapport, gesê.

Later is sy aan Oscar se sy by die mediakonferensie vir die wenners opgemerk en hulle is aan die einde van die aand saam by die geleentheid weg.

Reeva gaan eintlik met een van Oscar se vriende uit, het Saman­tha aanvanklik aan ­Rapport gesê. En later dat dié model ten volle op hoogte was van wat in haar en Oscar se verhouding gebeur het.

“Sy volg my nou al ’n geruime tyd op Instagram (’n sosiale netwerk waar foto’s gedeel word) en weet presies waar ek is en wat alles in my en Oscar se verhouding aangaan.”

Samantha het bevestig dat haar en Oscar se paadjies onlangs geskei het.

“Oscar het so ’n slag met vroue. Vreemd, sy is waarskynlik nie die enigste een aan sy arm nie.”

Hoewel Samantha en Oscar eers onlangs uitmekaar is, het The New York Post al in Julie ­berig dat hy gereeld in die geselskap van die supermodel Anastassia Khozissova (33) gesien word.

Toe Oscar by die Olimpiese Spele aan die 400 m-halfeindstryd deelgeneem het, het Anastassia (wat al vir Chanel, Prada en Ralph Lauren modelwerk gedoen het) volgens dié koerant getwiet: “Jaaaaaa!!!!!”

In haar onderhoud met Rapport het Samantha eers gesê sy is “bereid om te onthul wat hy (Oscar) my laat deurmaak het”, maar Vrydagaand laat het sy in ’n prokureursbrief alles teruggetrek wat sy aan Rapport gesê het. Dít nadat sy vroeër ’n persoonlike ontmoeting met Rapport versoek het.

“Ons het ons kliënt se kommunikasie met jou in ag geneem en versoek dat jy geen ag slaan daarop nie.

“Ons kliënt trek haar stellings terug en vra dat jy haar nie weer kontak nie,” het June Marks, ­Samantha se prokureur, aan ­Rapport geskryf.

Samantha het gisteroggend getwiet: “Ek’s nie perfek nie en ek leef ook nie om te wees nie. Maar voordat jy my oordeel, maak seker jou hande is skoon.”

Oscar het nie Rapport se oproepe en SMS’e geantwoord nie. Ook Peet van Zyl, sy bestuurder, het nie gereageer nie.

Oscar se pa, Henke Pistorius, sê: “Ek weet niks, en ek meng nie in sy private sake in nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
31 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-21°C Showers late. Morning clouds. Mild.
Jhb: 9-16°C Showers late. Mostly cloudy. Cool. Bfn: 8-19°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Cool. PE: 9-20°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

PR Eng Civil

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R600000 - R800000

Civil Engineer

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R450000 - R550000

Senior Civil Engineer

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R650000 - R700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.