‘Oscar steek nie tong uit’

2012-09-09 01:07

Oscar Pistorius en sy pa, Henke.

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Oscar Pistorius steur hom min aan diegene wat meen sy uitbarsting ná sy skoknederlaag in die 200?m by die Paralimpiese Spele in Londen was suur druiwe.

Want ná “vyf jaar van opofferinge” verdien dié 25-jarige Pretorianer om sy stem dik te maak wanneer hy voel iets is nie pluis nie, sê sy pa, Henke.

En “iets was beslis nie pluis nie” aan die manier waarop sy seun verlede Sondag vir die eerste keer ooit in die eindronde van die 200m in die T44-klas deur die onbekende Alan Oliveira geklop is.

Dié 20-jarige Brasiliaan, wat maar vyf jaar gelede vir die eerste keer met lemme gehardloop het, het ’n agterstand van sowat 8m in die pylvak ingehaal om Pistorius met 0.07 sekondes om die goue medalje uit te stof.

Oliveira se wentyd van 21.45 sekondes was ’n volle sekonde vinniger as sy vorige beste poging, terwyl Pistorius se 21.52 sekondes heelwat stadiger was as sy wêreldrekordtyd van 21.30 sekondes wat hy die vorige dag in sy uitdun opgestel het.

Suid-Afrika se “Blade Runner” het kort ná die wedloop uitgevaar teen die lengte van Oliveira se hardlooplemme, asook dié van die bronsmedaljewenner, Blake Leeper van die VSA.

“Dit was nie ’n regverdige wedloop nie, want dié ouens (Oliveira en Leeper) is skielik baie langer en ek kan nie met die lengte van hul treë meeding nie,” het Pistorius gesê.

“Almal het gesien hoe ver Alan agter my was. Hy was nog nooit ’n 21-sekonde-naelloper nie en dis belaglik dat hy my ingehaal het.”

Oliveira het intussen erken hy het sy lemme sowat drie weke voor die Spele met 5 cm verleng, maar hy én die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) meen dit voldoen steeds aan dié beheerliggaam se vereistes.

Volgens die IPK se regulasies kan Oliveira, wat nou 181 cm hoog staan, sy lemme met nóg 3,5 cm verleng.

Pistorius neem op 184 cm deel, maar kan volgens die IPK se ingewikkelde berekeningsmetode kan hy op ’n lengte van tot 193 cm nael.

“Oscar het ’n ooreenkoms met die IAAF (die Internasionale Atletiekfederasie) waarvolgens hy met sy huidige lemlengte deelneem aan wedlope teen gewone atlete,” het Henke Pistorius aan Rapport gesê.

“Hy gebruik dieselfde lemme by die Paralimpiese Spele.”

Hoewel Pistorius later verskoning gevra het vir die tydsberekening van sy uitlatings, het sy uitlatings gelei tot ’n stortvloed van kritiek – veral van die Kaapse sportwetenskaplike dr. Ross Tucker.

Volgens Tucker kla Pistorius nou oor dieselfde voordeel as wat hy self die laaste paar jaar teen nie-gestremde atlete geniet.

“Oscar se besware ís geregverdig en die ouens wat hulself kenners noem, soos Tucker, het nie ’n idee waarvan hulle praat nie,” het Henke teruggekap.

“Nie een van hulle was al in Oscar se posisie nie en hulle weet nie watter opofferinge hy gemaak het nie. Hy het vyf jaar van sy ­lewe gewy aan regverdigheid in sy sport en daarom mág hy praat as iets nie pluis is nie.”

Volgens Henke het Tucker ’n “amperse obsessie” met sy seun.

“Hy is dieselfde ou wat al die jare sê die lengte van Oscar se lemme gee aan hom ’n onregverdige voordeel teen nie-gestremde atlete, maar noudat dit hom pas het hy daardie argument gerieflik laat vaar.”

Pistorius het die bordjies drie dae ná sy 200 m-teleurstelling verhang deur Oliveira net-net te klop in die laaste been van die 4 x 100 m-aflos.

Pistorius, Arnu Fourie, Samkelo Radebe en Zivan Smith het dié wedloop in ’n wêreld­rekordtyd van 41.78 sekondes gewen, maar volgens Henke was wraak die laaste ding in Oscar se gedagtes.

“Hy is nie die soort ou wat vir enigiemand wil tong uitsteek nie, want daarvoor is hy al hopeloos te lank in dié game.

“Hy steur hom nie aan die ophef wat gemaak word nie en ek is seker die grootste deel van dié bohaai is ongemerk by hom verby,” sê Henke.


‘Meer treë laat Oliveira wen’

Oscar Pistorius se houvas op die Paralimpiese naellope behoort tot die verlede, sê dr. Ross Tucker.

Volgens dié sportwetenskaplike van die Universiteit van Kaapstad is Pistorius verlede Sondag geklop deur ’n “jonger, vinniger atleet”, Alan Oliveira, en die tegnologiese vooruitgang van hardlooplemme sal binnekort nóg meer Oliveiras oplewer.

“Dis ironies dat Pistorius nou kla oor presies dieselfde voordeel wat hy nog altyd gehad het teen ander atlete,” het Tucker in ’n artikel op sy webtuiste geskryf, kort ná Pistorius se verrassende silwermedalje in die 200?m in die T44-klas.

“Die voordeel wat Oliveira bo Pistorius gehad het, was nié die lengte van sy treë nie, maar die hoeveelheid treë wat hy gegee het,” het Tucker geskryf.

Volgens Tucker het die Suid-Afrikaner in dié wedloop 92 treë gegee, teenoor die 98 van Oliveira.

“Dít beteken Pistorius se treë was langer, maar dat Oliveira gewen het omdat hy sy bene vinniger beweeg het.

“Die hoër beenspoed is dieselfde rede waarom Pistorius vroeër nie toegelaat is om teen nie-gestremde atlete deel te neem nie, maar nou is daar uiteindelik ’n ander atleet wat daaruit voordeel trek en dit moontlik selfs beter as Pistorius uitbuit.”

Die “Blade Runner” is in 2008 verbied om teen nie-gestremde atlete deel te neem nadat toetse bevind het sy lemme is “ligter en meer veerkragtig” as die bene van nie-gestremde atlete.

Dié besluit is egter deur die hof vir sportarbitrasie in Switserland omgekeer nadat Pistorius appèl aangeteken het.

Lengte van lemme

Die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) gebruik sedert 2007 ’n formule waarvolgens die toegelate lengte van ’n dubbel-geamputeerde atleet se hardlooplemme bepaal word. Daarvolgens word ’n atleet se bolyf- en armlengte gebruik om vas te stel hoe lank hy/sy sou wees met gewone bene. Deelnemers word toegelaat om lemme te gebruik wat hulle tot 3,5% langer maak as dié geskatte lengte – aangesien heelparty nie-gestremde atlete, soos die naelloop-wêreldrekordhouer Usain Bolt, se bene buitengewoon lank is in vergelyking met sy bolyf.

Alan sê hy sukkel

Alan Oliveira het eers drie weke voor die Paralimpiese Spele met sy langer lemme begin hardloop. “My afrigters het gedink ek moet probeer om met langer lemme te hardloop en ek het dit verlede jaar vir die eerste keer beproef, maar erg gesukkel daarmee,” het Oliveira aan The Guardian gesê.  “Vroeër vanjaar het ek weer probeer en hoewel dit al beter gegaan het, het ek eers drie weke voor die Spele heeltyds met hulle begin hardloop.”

Atlete kán verneuk


Die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) meet nié die lengte van atlete se hardlooplemme kort voor ’n wedloop nie, sê Craig ­Spence, dié liggaam se kommunikasiehoof.
Spence het die afgelope week aan The Guardian gesê hoewel die IPK voor wedlope toesien dat deelnemers nie hul toegelate algehele lengte oorskry nie, “bestaan daar altyd ’n kans” dat ’n atleet langer lemme in die wedloop kan gebruik.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-21°C Sunny. Mild. Pta: 4-19°C High level clouds. Mild.
Jhb: 3-14°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 1-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-26°C Sunny. Mild. PE: 8-26°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!