Ou liefde roes nie, wys proffies ná 25j.

2004-11-27 20:39

Die sprokiesverhaal van twee professore wat gister getroud is, klink soos die draaiboek van een van daardie ou Afrikaanse rolprente met Hans Strydom en Sybil Coetzee in die romantiese hoofrolle.

Selfs die foto's uit hul albums lyk soos reklamestof vir een van daardie lam-in-die-knieë-liefdesflieks.

Die verhaal begin 25 jaar gelede, toe twee studente smoorverlief geraak het, maar faktore buite hul beheer hulle stelselmatig uitmekaar gedryf het. Hy is sterk en donker (en slim) en sy is fyn en blond (en slim).

Maar gister het die studenteliefde weer geblom toe prof. Tessa van der Merwe (45) ewige trou gesweer het aan prof. Michael Pepper (45).

Van der Merwe en Pepper was albei jong mediese studente toe hulle mekaar leer ken het waar hulle vakansiewerk in 'n hospitaal in Alberton gedoen het.

Pepper se pa was 'n internis in die hospitaal en Van der Merwe se pa het die matrone van die hospitaal geken.

Met die twee pa's se hulp het die twee studente 'n vakansiewerk losgeslaan en boonop elkeen 'n groot liefde ontdek. Dis egter hier waar die kinkel in die verhaal inkruip.

Ons held was 'n student in Kaapstad, en ons heldin 'n Tukkie-nooi.

"Dit was nogal 'n moeilike verhouding omdat Michael in Kaapstad gestudeer het en ek in Pretoria. Maar ons liefde het byna drie jaar gehou terwyl ons op en af na mekaar toe gery het," sê Van der Merwe.

"Dit het egter al hoe moeiliker geword, veral omdat ons arm studente was en nie altyd kon bekostig om so op en af te ry nie. Ons het al hoe minder van mekaar begin sien en ons het uitmekaar gedryf en heeltemal kontak verloor."

Van der Merwe het haar bekwaam as 'n endokrinoloog en is tans verbonde aan die mediese skool by Wits. Sy word beskou as een van die grootste kenners op die gebied van vetsug.

Terwyl sy hier met haar loopbaan aangegaan het, het sy in die wandelgange verneem haar studenteliefde het sy studie in Genève in Switserland voortgesit.

Albei is later met ander lewensmaats getroud en het elk twee kinders uit daardie huwelike. Sowat vier jaar gelede is hulle byna dieselfde tyd van hul huweliksmaats geskei.

Verlede April, die Vrydag voor Paasfees, is Van der Merwe se hele lewe verander deur 'n enkele oproep uit die verre Switserland.

"Ek was net op pad uit my kantoor toe die telefoon lui. Die stem aan die ander kant het gesê: 'Jy sal seker nie die stem herken nie,' en ek het gesê: 'Daar is sekere stemme wat 'n mens nooit vergeet nie.' Ek het dadelik geweet dit is Michael," vertel Van der Merwe.

Pepper het nie gras onder sy voete laat groei nie en het twee dae daarna in Suid-Afrika aangekom om sy eertydse geliefde weer te sien. Hy sê die ontmoeting was so spontaan dat sy ma hom bloot by die hospitaal afgelaai het waar Van der Merwe werk. Die twee het hul verhouding van 25 jaar gelede daar en dan hervat.

"Ons het ná sowat 25 jaar net aangegaan waar ons opgehou het," sê Van der Merwe.

Pepper, wat tans verbonde is aan die departement anatomie aan die Universiteit van die Witwatersrand en 'n ere-professor is aan die Universiteit van Pretoria, sê hy dink dit was ingryping van Bo.

"Ek weet nie hoekom dit gebeur het nie en ek weet nie hoekom ek Tess ná soveel jare gebel het nie, maar dit het gebeur. As ek begin soek na 'n verduideliking, dink ek gaan ek die romanse en spontanë?teit wegneem."

Pepper sê hy het in die jare wat hulle uitmekaar was "seker een of twee keer" aan Van der Merwe gedink. "Dit was nie asof ek elke dag aan haar gedink en na haar gehunker het nie."

Hy het uiteindelik haar telefoonnommer gekry by 'n vriendin wat saam met Van der Merwe by 'n hospitaal in Johannesburg werk.

"Ek het niks verwag voordat ek Tess gesien het nie. Maar my ma sê daardie dag toe sy my voor Tess se werk aflaai en haar sien, toe weet sy ons is vir mekaar bedoel."

Van der Merwe sê hulle is baie bevoorreg, want daar is baie min mense wat op universiteit verlief was en 'n verhouding gehad het en mekaar weer ná soveel jare ontmoet en weer verlief raak op mekaar.

Pepper sê hy het tot nou toe nie daarin geglo dat daar vir elke mens reeds 'n paadjie uitgelê is wat hy moet loop nie.

"Ons is bevoorreg dat ons 'n tweede kans gekry het. Ons is op 'n ouderdom waar ons die emosionele wysheid het om die verhouding op 'n ander hoogte te plaas," voeg Van der Merwe by.

Die twee is gister in die Pretoria-Oos- Duitse Gereformeerde kerk getroud. Hulle het ná hul troue Mauritius toe vertrek vir 'n wittebrood, waarvan twee arm mediese studente 25 jaar gelede maar net kon droom.

En dalk, sê Van der Merwe, bring hulle 'n klein doktertjie terug. "Dit sal die tjêrrie op die koek wees!"

- Rapport

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Costing Manager

Midrand
Communicate Cape Town IT
R450000 - R500000

Senior Actuarial Specialist

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town IT
Market Related

Senior Management Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R550000 - R600000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.